Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 331

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

 Lees Hebreërs 2:1-18;
1 DAAROM moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie.
2 Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het,
3 hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid verontagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het,
4 terwyl God ook nog saam getuig het deur die tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil.
5 Want aan die engele het Hy die toekomstige wêreld waarvan ons spreek, nie onderwerp nie;
6 maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek?
7 U het hom ‘n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.
8 Alle dinge het U onder sy voete onderwerp. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom, het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie;
9 maar ons sien Hom naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood, met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak.
10 Want dit het Hom betaam, terwille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak.
11 Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie,
12 wanneer Hy sê: Ek sal u Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys;
13 en verder: Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder: Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het.
14 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het - dit is die duiwel –
15 en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.
16 Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom.
17 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.
18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.
Ons lees weer: Hebreërs 2:10.
Want dit het Hom betaam, terwille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid (verlossing) deur lyde te volmaak.
Dit praat hier van onse Here Jesus - deur lyding na volmaaktheid!
Ons lewe in ‘n tyd van ontvlugting; ons lewe in ‘n tyd waar mense kortpad wil vat; elke ding moet vinnig gaan. Elke ding moet sommer netso afgehandel word. Jy kan op elke gebied kyk, daar is nie meer daardie rypheid nie; daar is nie meer daardie beleënheid, daardie diepte, daardie wonderlikheid, wat ‘n mens rus gee in jou siel nie.
Alles moet netso vinnig gaan; alles moet net bolangs gaan; alles moet net oppervlakkig wees; alles moet net geskied op die maklikste manier wat jy dit kan doen. O, en sover, pyn aangaan, sover lyding aangaan, o, ons sal so ‘n wye draai loop as wat ons kan, net om nie pyn te hê nie. O, ons lewe in ‘n tyd van narkose, ons lewe in ‘n tyd van inspuitings. Ons lewe in ‘n tyd van ‘n pil vir dit, en ‘n pil vir dat.
O, dat ons net kan ontvlug; o, dat ons net nie die naakte werklikheid in die oë moet staar nie. Ons lewe in ‘n geslag - ek is miskien net so skuldig as enige ouer van ons. O, as jy tog net jou kind pyn kan spaar; as jy tog net daardie trane vir jou kind kan afdroog; as jy tog net die pad vir hulle ‘n bietjie ligter kon maak. Dit is as te ware of jy, in hulle hartseer, miskien jou eie hartseer voel, toe jý ‘n kind was, ‘n jongmens was, en die swaarkry vir hulle wil spaar.
Maar kom ons kom terug tot die werklikheid. Jy kan dwarsdeur die natuur kyk, want sedert die sondeval, is daar geen volmaaktheid sonder lyding nie. Daarom laat ons na God se Woord kyk, en vir die Here sê: Here, help my dan om nie ‘n weg hardloper te wees nie; om nie die pad te kies en daardie werk wat U in mý wil voltooi en tot rypheid en tot volheid
wil bring, dat ék dit wil verongeluk, en dit ontvlug nie, deur allerhande planne te maak, en die meeste van die tyd, omdat dit dan nie God se Wil is nie, maak ons ‘n verkeerde plan, en dikwels ‘n sondige plan.
In stede van ons te onderwerp aan daardie liefdeband van God, wat selfs die kruis op sy eie Seun gelê het. Onse Vader in die hemel, wat seker die grootste lyding, alhoewel Hy God is, moes deurmaak toe Hy sy eie gesig moes wegdraai van sy eie Seun, wat in sy smart uit die diepte, wat niemand van ons kan peil, moes roep: “My God, My God, waarom het U My verlaat?” Dink u dat die Vaderhart van God nie gely het nie?
Is dit dan nie wonderlik nie, is dit dan nie die moeite werd nie, verdien dit dan nie ‘n bietjie wéér van u aandag, as ek weer vir u ons teksvers herhaal nie?
Luister weer na: Hebreërs 2:10.
Vers 10 Want dit het Hom betaam, terwille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid (verlossing) deur lyde te volmaak.
U moet mooi kyk hoe groot was die Seun van God.
Deur Hom is die wêreld geskape. Hierdie Jesus, hierdie Seun van God, (en tóg, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring) was die enigste manier wat Hy die kinders tot heerlikheid kon bring, (ook vir u en vir my) om die bewerker van hulle verlossing deur lyde te volmaak. God het nie maar nou sommer ‘n kitsdoel met u en met my nie, God het nie sommer ‘n bolangse roeping vir u en vir my nie, God het ‘n diep werk wat hy in ons wil doen.
Ons is geskep en gemaak, nie net vir tyd nie, maar ons is gemaak vir die ewigheid. O, daar is ‘n heerlikheid wat wag, maar daardie heerlikheid moet volmaak word, en dit word alleen volmaak deur lyde.
Prys die Naam van die Here!
Net om weer terug te keer na my eerste gedagte. ‘n Klompie jare gelede was ‘n besoekende prediker in ons land. Sy tema was: “This uncommitted age”.
Mense wil hulleself nie meer aan iets verbind nie, selfs man en vrou, daarom is daar ‘n hoë egskeidingsyfers. Die man en die vrou wil hulleself nie meer waarlik aanmekaar verbind nie, want daardie verbintenis sluit ook hartseer in, dit sluit ook opoffering in; dit sluit ook selfverloëning in. Dieselfde met die kinders teenoor die ouers, die kinders wil hulle nie meer waarlik aan die ouers verbind nie.

Indien u hierdie boek wil bestel - kontak Monique : ekklesiakassetfonds.neser@gmail.com

MiniCalendar

November 2018
SMTWTFS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Shop

Visitors Counter

29452
TodayToday64
YesterdayYesterday88
This_WeekThis_Week443
This_MonthThis_Month1474
All_DaysAll_Days29452