Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 211

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

Ons lees uit Jesaja 53:1-12;
1 WIE het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar?
2 Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie.
3 Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.
4 Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte -- dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.
5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
6 Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.
7 Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders -- ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.
8 Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote -- wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.
9 En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ‘n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie.
10 Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees.
11 Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.
5
12 Daarom sal Ek Hom ‘n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.
Mag die HERE sy woord ryklik aan ons harte seën.
Wanneer u ‘n studie maak van hierdie hoofstuk dan sal u sien dat 12 keer word die gedagte van plaasvervanging hierin uitgebring en dit is deel van die kern van die boodskap wat ek vanoggend met u wil deel.
U sal vir my sê dit is baie welbekend. Wel, oordeel vir uself nadat u geluister het of dit wel vir u só bekend is as wat u gedink het. Ek glo, dat as ons hierdie waarheid van die plaasvervanging van die Here Jesus in sy volheid snap, dan gaan hierdie wêreld ‘n heerlikheid sien onder die kinders van God wat hulle nog nooit gesien het nie.
Ek dank die HERE, baie van u het al hierdie getuienis gehoor, maar dank die HERE hoe ek ‘n deel daarvan op ‘n magtige wyse voor my oë sien gebeur het. Onthou van daardie geval waarvan ek u vertel het. Die siek man wat nie regop kon loop nie. Hy het ‘n baie groot siekte in sy rug gehad, ‘n kiem wat besig was om sy rugmurg op te vreet.
Toe hy na my toe kom loop hy so krom (amper soos ‘n half oop knipmes) en hy kon nie op ‘n stoel sit nie en hierdie kiem het deur sy rugmurg gegaan tot in sy regterbeen. Sy regterbeen was so opgetrek en dunner as die ander een. Terwyl hy daar op die bed gelê het en ek met hom gepraat het en net vir hom Jesaja 53 oopgemaak het, toe raak die HERE hom net dáár aan, nog voordat ek my hande op hom gelê het of vir hom ‘n gebed gedoen het.
Daardie man het van die bed af opgespring en begin ronddans van blydskap, penregop en op al twee bene, volmaak gesond, net met die aanhoor van Jesaja 53. Die Heilige Gees het dit vir hierdie man oopgemaak.
My broer en suster, kom ons gaan net ‘n bietjie terug en ons kyk na die Here Jesus in die tuin van Getsémané. Daar in die tuin van Getsémané wil ek hê moet u ‘n oomblik saam met my vertoef, dat u sal sien en my baie goed sal verstaan. Die een groot fout wat ons gemaak het is om, sonder dat ons dit besef, het ons tog ‘n mate gehad van net die bejammering van die Here Jesus.
Sonder dat ons dit besef, het ons die Here Jesus nog net in die tuin van Getsémané laat bly of net aan die kruis waar Hy gehang het. Tot daar het
6
ons baiekeer na ‘n Nagmaalsdiens en ‘n Goeie Vrydag gekom. Deur die eeue heen het ons opgekyk na die Here Jesus. O, dit het ons harte gebreek om hom daar gebreek te sien aan die kruis, en dit moet so wees. Maar laat ons die betekenis daarvan verstaan en laat ons verder gaan en sien wat God daar vir ons bewerkstellig het.

MiniCalendar

November 2018
SMTWTFS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Shop

Visitors Counter

29449
TodayToday61
YesterdayYesterday88
This_WeekThis_Week440
This_MonthThis_Month1471
All_DaysAll_Days29449