Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 372

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

Deel 1
Die Twaalf Stamme van Israel
Verdeel in Twee Afsonderlike Nasies
Gedurende die tyd van die konings Saul, Dawid en Salomo was al twaalf die stamme van Israel verenig onder een koning.
In 1 Konings 11 en 12 lees ons egter dat hulle verdeel is in twee afsonderlike nasies. Jeróbeam het koning geword oor die Tien Stamme in die noorde van Palestina (algemeen bekend as die Huis van Israel) en Rehábeam het koning geword oor die Twee Stamme; Juda en Benjamin, in die suide van Palestina (algemeen bekend as die Huis van Juda).
Die klag van God teen Salomo waardeur die verdeling na sy dood gekom het, was omdat hy die bevel van God verbreek het om nie met die nasies rondom hom te meng nie - (1 Kon. 11:2), en omdat hy dus die verbond en die insettinge van die HERE nie gehou het nie - (1 Kon. 11:11).
Let daarop dat die straf hiervoor sou wees dat die HERE die koningskap van hom sou af skeur en dit aan sy dienaar gee. Die Tien Stamme word dus die Koningskap of Koninkryk genoem: dit is bale belangrik!
Die Profeet Ahía het vir Jeróbeam die dienskneg van Salomo alleen in die veld aangetref en sy nuwe mantel gegryp en dit in twaalf stukke geskeur en die volgende gesê:
1 Konings 11:31, 35;
31 en hy sê vir Jeróbeam: Neem vir jou tien stukke, want so spreek die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek gaan die koninkryk uit die hand van Salomo afskeur en aan jou die tien stamme gee;
35 Maar uit die hand van sy seun sal Ek die koningskap neem en dit aan jou gee, die tien stamme;
In verse 37 en 38 word die tien stamme “Israel” genoem.
In Psalm 114:2, word Juda God se heiligdom genoem en Israel (die tien stamme) sy ryksgebied.
Na die dood van Salomo het hierdie verdeling onder sy seun Rehábeam wat hom opgevolg het, plaasgevind soos ons in 1 Konings 12, lees. Hy wou nie aan die versoek van die volk voldoen om die belastings te verlig nie, maar het dit eerder swaarder gemaak. Hierop het die tien stamme
6
gerebelleer en van die Huis van Dawid weggebreek en die Noordelike koninkryk onder Jeróbeam gestig.
“Want van My het hierdie Saak gekom”
(1 Kon. 12:24).
In 1 Konings 12:19-24, word die verdeling beskryf. Rehábeam wou die tien stamme met geweld weer terugbring, maar God het die Profeet Semája na hom gestuur om hom te sê dat hy dit nie moes doen nie, want die saak het van die HERE gekom. Die verdeling was dus ‘n beskikking van God, en dit met ‘n groot doel, soos ons sal sien.
Nêrens lees ons dat hulle ooit weer herenig is nie.
In 2 Konings 17:6, 7, 18, 22-23; lees ons hoedat die tien stamme in die jaar 721 v.C. in ballingskap weggevoer is na Assirië in die noorde vanwaar hulle nooit weer as geheel teruggekeer het nie.
2 Konings 17:6, 7, 18, 22-23;
6 In die negende jaar van Hoséa het die koning van Assirië, Samaría ingeneem en Israel (tien stamme) in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat woon in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië.
7 Want die kinders van Israel het gesondig teen die HERE hulle God wat hulle uit Egipteland onder die hand van Farao uit, die koning van Egipte, laat optrek het; en hulle het ander gode gevrees.
18 So het die HERE dan baie toornig op Israel geword, sodat Hy hulle van sy aangesig verwyder het; niks het oorgebly nie as net die stam van Juda alleen.
22 En die kinders van Israel het gewandel in al die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen het, hulle het daar nie van afgewyk nie;
23 totdat die HERE Israel van sy aangesig verwyder het soos Hy gespreek het deur al sy diensknegte, die profete; en Israel is in ballingskap uit sy land weggevoer na Assirië, tot vandag toe.
Ballingskap van die Twee Stamme, Juda en Benjamin
In 2 Kronieke 36:20-23; lees ons dat die Twee Stamme, Juda en Benjamin (Huis van Juda) in die jaar 604 v.C. ooswaarts na Babilon in ballingskap weggevoer is.
20 en die wat van die swaard oorgebly het, het hy na Babel in ballingskap weggevoer, en hulle het vir hom en sy seuns slawe geword, totdat die koninkryk van Persië tot heerskappy gekom het,
7
23 sodat die woord van die HERE deur die mond van Jeremía vervul sou word: totdat die land vir sy sabbatte vergoeding gekry het; al die dae van die verwoesting het dit gerus om sewentig jaar vol te maak.
Sewentig jaar na die Babiloniese ballingskap van 604 v.C. het die koning van Persië aan die gevangenes wat deur Nebukadnésar weggevoer was, verlof toegestaan om na Palestina terug te keer om die tempel en die stad Jerusalem te herbou.
Uit Esra 1:1-3, 5; Esra 2:1; Esra 4:1; Esra 10:7-9, sien ons baie duidelik dat net die mense uit die twee stamme, Juda en Benjamin, na Palestina en Jerusalem teruggekeer het. Die Tien Stamme het nie saam met hulle teruggekeer nie, Esra 2:1, maak hierdie feit baie duidelik.
Die Naam “Jood” eerste gebruik
Die Joodse geskiedskrywer Josephus (37-95? A.D.) skryf as volg oor die naam “Jood”:
“Jood is die naam waarby hulle genoem is vanaf die dag dat hulle van Babilon af teruggekeer het. Dit is afgelei van die stam van Juda, wat eers na hierdie plekke gekom het. Vanaf daardie tyd dra beide hulle en die land daardie naam.” (Antiquities of the Jews. Bk. 11. Ch. 6).
Waar die woord “Jode” vir die eerste keer in die Bybel in 2 Konings 16:6, voorkom is dit ‘n vertolking van die vertalers en is die korrekte woord daar “Judeërs” soos in die Nuwe Hollandse Vertaling.
Volgens Josephus en die Bybel het die ballinge wat van die Babiloniese ballingskap (en dus van die huis van Juda) teruggekeer het, toe eers as Jode bekend gestaan. Abraham, Isak en Jakob was nie Jode nie, maar Hebreërs
(F.F. Bosworth, die skrywer van “Christ the Healer”, sit hierdie saak baie mooi uiteen in sy artikel: “The Difference Between the House of Israel and the House of Judah”. U kan dit van ons bestel).
Die feit dat baie Hugenote Suid-Afrikaners geword het, maak nie die Hugenote Suid-Afrikaners nie. Party het in daardie tyd Engeland toe gevlug en Engelse geword en ander weer na ander lande.
Esra 4:23 en Esra 5:5, 12, is ook Skrifte wat onder andere baie duidelik aantoon dat diegene van Juda en Benjamin wat uit ballingskap teruggekeer het, eerste Jode genoem was:
8
“Net toe die afskrif van die brief van Artasasta, die koning, aan Rehum en Simsai, die skrywer, en hulle partygenote voorgelees is, het hulle haastig na Jerusalem, na die Jode gegaan en hulle met geweld en mag laat ophou”.
Josephus die Joodse Geskiedskrywer het ook die volgende, in die jaar 70 n.C. geskryf:
“---- daar is maar net twee stamme in Asië en Europa wat aan die Romeine onderworpe is (Juda en Benjamin), terwyl die tien stamme oorkant die Eufraat is tot vandag toe, ‘n groot en ontelbare menigte” (Antiq. XI, 5, 2).
Dit is na hulle toe wat Jesus sy dissipels gestuur het toe hy vir hulle gesê het:
“Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane nie; maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel” (die tien stamme) - Matt. 10:5-6.
Die Huis van Israel was in daardie tyd anderkant die Eufraat soos ons hierbo uit Josephus se aanhaling gesien het. Dit is aan hulle dat Petrus en Jakobus hulle sendbriewe geskryf het, asook aan diegene uit die twee stamme, (Juda en Benjamin) wat nooit uit die Babiloniese ballingskap onder Esra en Nehemía teruggekeer het nie.
Jakobus skryf in die jaar 60 n.C. (dus net 10 jaar voor Josephus):
Jakobus 1:1;
Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!
Petrus skryf ook in 60 n.C. as volg:
Petrus 1:1-2;
1 PETRUS, ‘n apostel van Jesus Christus, - - - -
(Onthou Christus is die Grieks vir die Hebreeuse Messias)
- - - - aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadócië, Asië en Bithíë,
Die gebied waar die Tien Stamme hulle destyds bevind het asook sommige uit die Twee Stamme.
2 uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!
Ons sal later sien hoedat Paulus ook op die voetspore van hierdie sogenaamde verlore Tien Stamme van Israel gevolg het en dat baie van sy
9
sendbriewe aan hulle gerig is en nie aan ‘n klomp heidene, dit wil sê, nasies van non-Israel afkoms nie.
Let bv. op die volgende Skrif, om maar net een voorbeeld te noem:
1 Korinthiërs 10:1-4;
1 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het,
2 en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see,
3 en almal dieselfde geestelike spys geëet het,
4 en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.
Dis net Israeliete waarop hierdie van toepassing is, en tog sê Paulus aan die Korinthiërs dat hulle “ons vaders” was. Dit kan nie vergeestelik word nie, dit is letterlik.
Jesus het gesê dat:
“Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel” - (Matt. 15:24).
Dit is dan ook nie sonder betekenis dat die Jode as nasie Hom verwerp het nie en aangedring het op sy kruisiging.
Hy het dan ook vir hulle gesê:
“Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk (nie kerk nie) gegee word wat die vrugte daarvan sal dra” - (Matt. 21:43).
Vgl. hiermee 1 Konings 11:13; 1 Kon. 12:21.
Kyk hoe mooi beskrywe Eségiël 34:11-16, dit vir ons:
11 Want so sê die Here HERE: Kyk, hier is Ek, en Ek sal na my skape vra en vir hulle sorg.
12 Soos ‘n herder vir sy trop skape sorg op die dag as hy onder sy verspreide skape is, so sal Ek vir my skape sorg; en Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is, op die dag van wolke en donkerheid.
13 En Ek sal hulle uitlei uit die volke en versamel uit die lande en hulle bring in hul land; en Ek sal hulle laat wei op die berge van Israel, in die klowe en in al die bewoonbare plekke van die land.
14 Op ‘n goeie weiveld sal Ek hulle laat wei, en op die hoë berge van Israel sal hulle weiplek wees. Daar sal hulle lê op ‘n goeie plek en wei in ‘n geil weiveld op die berge van Israel.
15 Ek self sal my skape oppas, en Ek self sal hulle laat lê en rus, spreek die Here HERE.
10
16 Die wat verlore is, sal Ek soek, en wat weggedryf is, sal Ek terugbring, en wat gewond is, sal Ek verbind, en die siekes sal Ek versterk; maar die vettes en die sterkes sal Ek verdelg: Ek sal hulle oppas soos dit reg is.
Lees self Jesus se woorde in Johannes 10:16. (hfst oor die goeie herder.)
16 Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.
Vgl. Eségiël 37 hiermee.
Die huis van Juda was verteenwoordig in die land, en het die voorreg gehad om die stem van die herder te hoor, maar die huis van Israel nie. Ons sal verderaan in ons studie breedvoerig op Eségiël 37 ingaan.
Op ‘n ander geleentheid weer, toe die Fariseërs Jesus so agtervolg het, lees ons die volgende:
Johannes 7:33-35;
33 Toe sê Jesus vir hulle: Nog ‘n klein tydjie is Ek by julle, en Ek gaan na Hom wat my gestuur het.
34 Julle sal my soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie.
35 En die Jode se onder mekaar: Waar wil Hy heengaan, dat ons Hom nie sal vind nie? Hy wil tog nie na die verstrooides onder die Grieke gaan en die Grieke leer nie?
Die Jode het geweet waar die verstrooides van die tien stamme van Israel was, net soos Josephus hulle geskiedskrywer van daardie tyd, geweet het. Hulle was jaloers op hulle en wou nie hê dat Jesus na hulle moes gaan nie, en tog wou hulle self Hom ook nie hê nie. Dit was ook so in die dae van Paulus; skaars het hy die evangelie op ‘n plek gebring en bekeerlinge gemaak, of die Jode het agterna gekom en die mense teen hom opge-stook.
Sien: Handelinge 17:13; Hand. 21:27; Hand. 13:50; Hand. 14:2.
Ons het alreeds daarna verwys, en sal later daarop ingaan, dat hierdie mense onder wie Paulus gearbei het en wat as heidene (non-Israeliete) beskou word, niemand anderste was as die verlore tien stamme van Israel, wat teen daardie tyd al, so lank uit hulle land was, en so vér van God weggedwaal het, dat hulle “heidens” ten opsigte van die geloof geword het, baie was ook al onbewus van hulle identiteit. Maar God sou volgens sy belofte oor hulle waak, in hulle tyd van verstrooiing en nie toelaat dat “een saadkorreltjie” verlore gaan nie:
11
Amos 9:9;
9 Want kyk, Ek gee bevel en sal die huis van Israel (tien stamme) onder al die nasies skud soos in ‘n sif geskud word, maar daar sal geen korrel op die grond val nie.
Dank God, die hemele en die aarde sal verbygaan, maar my Woord sal nooit verbygaan nie, sê die HERE.
Matthéüs 5:18;
18 Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur net nie.
Die verhaal van hoe die tien stamme uit hul ballingskap uit Assirië ontsnap het en onder verskillende ander name deur die eeue deur Europa getrek het en uiteindelik in die Westerse nasies ontwikkel het is een van die aangrypendste verhale wat nog ooit vertel is. Dit is een van die waarhede wat die langste verborge gebly het, en wat die meeste beveg word. Dank God die lig begin deurbreek! Die dag wanneer die Weste temidde van die doodsgevaar wat haar van die kant van die heiden bedreig, sal besef dat sy die volk van God is, sal dit wees “ ‘n opstanding uit die dode”.
Lees self Romeine 11:25-29.
15 Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode?
Die dag wanneer die Weste tot ontwaking kom en besef wie sy is; en die huis van Juda vir Jesus van Násaret as die Messias erken, sal dit ‘n renaissance wees soos die Bybel alleen dit vir ons kan beskryf. Dit sal ook min of meer saamval met die tyd van die opstanding uit die dode. Dit sal die vervulling wees van Eségiël 37.
Joodse Opinie
Hier volg ‘n paar aanhalings uit die beskouings van gesaghebbende Joodse mening oor die saak.
Die Joodse Ensiklopedie Vol. 12, p. 249:
“As die tien stamme verdwyn het dan sal die letterlike vervulling van die Skrifte onmoontlik wees. As hulle nie verdwyn het nie, is dit vanselfsprekend dat hulle onder ‘n ander naam bekend moet wees.”
Dr. Hertz, eertydse Hoof Rabbi van die Britse ryk het op 18 November 1918 as volg geskryf:
“Die mense wat vandag as Jode bekend staan is afstammelinge van Juda en Benjamin, tesame met ‘n sekere aantal afstammelinge van Levi. Sover bekend is daar nie enige verdere toevoeging van enige van die ander stamme nie. Die tien stamme het verdwyn onder die volkere van die
12
wêreld. Ons sien uit na die versameling van al die stamme eendag in die toekoms”.
Lees Jesaja 27:12-13; Eségiël 37:15-19.
Die Jewish Chronicle van 2 Mei 1879:
“Die lotsbestemming van die verlore tien stamme van Israel is ‘n verborgenheid wat ‘n besondere bekoring vir sommige mense het. Terwyl daar nie een skakeltjie in die historiese ketting vermis word, sover dit die oorblyfsel van die Huis van Juda betref nie, verdwyn die Israeliete wat deur die Assiriërs oorrompel is, so skielik en so volkome uit die geskiedrolle asof die land van hulle ballingskap hulle ingesluk het. Daar was egter nog altyd ‘n huiwering om te aanvaar dat die lot wat ander nasies getref het, ook oor die tien stamme gekom het. Waarom sou hulle ‘n swakker oorlewingskrag as hulle broers van Juda hê? Nee, die Skrif spreek van ‘n toekomstige herstel van Israel, wat beide Efraim (tien stamme) en Juda sal insluit. Die probleem is dus baie eenvoudig: Die tien stamme bestaan baie beslis. Al wat vir ons nodig is, is om te ontdek watter volkere hulle afstammelinge is”.
Tweede Boek van Esdras 13:40 - 47;
“En nou sien jy dat hy nog ‘n ander menigte wat vreedsaam is, tot homself versamel; dit is hulle van die tien stamme wat in die dae van koning Hoséa in ballingskap uit hulle land weggevoer is, Salmaneser, die koning van Assirië het hulle gevange geneem, en hulle anderkant die rivier weggevoer. Hulle is na ‘n ander land weggevoer. Maar hulle het onder mekaar besluit om die heidense volk te verlaat, en na ‘n meer afgeleë gebied te verhuis, waar daar nog nooit een mens gewoon het nie, sodat hulle miskien daar hulle verordeninge kan onderhou, wat hulle nooit in hulle eie land nagekom het nie. En hulle het deur die driwwe van die Eufraat rivier getrek; want die Allerhoogste het vir hulle wonders gedoen want Hy het die vloei van die rivier laat ophou totdat hulle deurgetrek het. Dis om hierdie rede dat jy die menigte in vrede saamgetrek gesien het.”
Uittreksels uit “The Jewish Quarterly Review 1888, Vol. 1.”
(P. 15) “Die ballinge van Israel wat oorkant die Eufraat weggevoer is, het nie as ‘n geheel na Palestina saam met hulle broers die gevangenes van Juda teruggekeer nie; daar word ten minste geen melding van so ‘n gebeurtenis gemaak in die dokumente wat tot ons beskikking is nie.”
(P. 17) “Om die waarheid te sê, die terugkeer van die tien stamme was nog altyd een van die groot beloftes van die profete, en die koms van die Messias is dus noodwendig ‘n gebeurtenis wat baie nou in verband met hulle verlossing staan.”
(P. 21) “Die hoop op die terugkeer van die tien stamme het nog nooit onder die Jode vervaag nie, hierdie hoop het nog altyd in verband met elke Messiaanse opstand gestaan.”
13
Die Israel Identiteit die Sleutel tot ‘n begrip van die Profesieë
Die profesieë van die Bybel sal nooit reg vertolk word solank daar nie ‘n onderskeid gemaak word tussen die Huis van Israel (tien stamme) en die Huis van Juda (twee stamme) nie. Die Bybel sal tot ‘n groot mate, sover dit Gods plan met die wêreld betref, ‘n geslote boek bly, solank as die leringe en profesieë sover dit Israel betref, alleen op die Jood, soos hy vandag is, toegepas word.
Ons sal verder aan in hierdie reeks bewyse lewer, dat die Jood so vermeng is dat hy ‘n uiters heterogene (onsuiwer) nasie is, en dat baie Jode geen Israel-bloed in hulle are het, en dus geen aanspraak het op die beloftes van God aan Israel nie, hetsy die Huis van Juda of die Huis van Israel.
Van vroeg in die Bybel vind ons dat Satan vir Babilon (die heidense nasies) gekies het as sy aardse vennoot in sy opstand teen God. Israel was weer die nasie deur God gekies om sy aardse instrument te wees vir die uitvoering van sy plan met die wêreld.
Israel was ontrou aan haar hemelse roeping en as straf (net vir ‘n tyd) sou die Babiloniese nasies en stelsel onder Satan die oorhand kry. Maar deur die Bloed van Jesus aan die kruis het God die nuwe verbond met sy volk Israel - (Jeremia 31:31-34; Hebreërs 8:8-12; Jesaja 53:8) bekragtig. Hierdeur het Hy hulle skuld betaal en hulle waardig gemaak om sy koninkryk op aarde te wees waardeur Hy nog die hele wêreld tot Homself gaan terugwen. Dan sal die “Onse Vader” volkome beantwoord wees:
“Onse Vader wat in die hemele is,
laat U naam geheilig word;
laat U Koninkryk kom;
laat U wil geskied,
soos in die hemel,
net so ook op die aarde” - (Matt. 6:9 -10).

MiniCalendar

November 2018
SMTWTFS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Shop

Visitors Counter

29451
TodayToday63
YesterdayYesterday88
This_WeekThis_Week442
This_MonthThis_Month1473
All_DaysAll_Days29451