Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 291

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

Daar bestaan groot onsekerheid by sommige kinders van ons liewe Heer oor op watter manier die doop van die gelowige moet geskied:
Moet dit in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees wees;
OF
Moet dit net in die Naam van Jesus wees?
Ons glo dit moet in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees wees, soos Jesus dit in Matthéüs 28:19 beveel het. Dit is hoe die vroeë gemeentes in die eerste eeu na Christus gedoop het.
Matthéüs 28:19;
19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Die DIDACHE (Die Leer van die Twaalf Apostels), waarvan ons ‘n kopie in ons Biblioteek het, stel dit soos volg:
“And as touching baptism, thus baptize ye: When ye have first recited all these things, baptize unto the name of the Father, and of the Son, and of the Holy Ghost, in living water. But if thou have not living water, baptize into other water; and if thou canst not in cold, then in warm - - - - ”
Maar dan haal hulle vir ons aan uit: - - - - - -
Handelinge 2:38;
38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
Handelinge 10:48;
48 En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here. - - ”
Handelinge 19:5;
5 En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus,
- - - - - en sê dat Petrus tog self vir Jesus gehoor het toe Hy daardie bevel gegee het, en dat hy mos nie ongehoorsaam sou wees om anders te doop as wat Jesus beveel het nie?
Ja vir seker het hy reg gehoor.
Maar let mooi op, daardie tekste sê nie watter woorde Petrus en Paulus gebruik het nie. Wat hulle sê is dat hulle op Jesus se bevel daardie bekeerlinge gedoop het. Om iets in iemand anders se naam te doen beteken op sy gesag, soos byvoorbeeld as jy aan iemand volmag gee om namens jou ‘n sekere transaksie te beding, dan beteken dit jy doen dit in sy
4
naam. So het hierdie dissipels hierdie bekeerlinge met die volmag van Jesus gedoop soos Hy hulle beveel het:
“In die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees.”
Om dit anders te doen sal nie net wees om ongehoorsaam aan die bevel te wees nie, maar ook om die werking van die Vader en die Heilige Gees in jou bekering te misken. En dit is juis die Vader wat ons so liefgehad het dat Hy sy eniggebore Seun gegee het om vir ons te sterf sodat ons nie verlore moet gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. En hoe sou u ooit tot bekering gekom het as dit nie was vir die werking van die Heilige Gees nie?
Wat meer is, hierdie Iering van net in die Naam van Jesus doop het gelei tot die Iering van die “Jesus Only”. Hulle sê dat as Petrus hulle, wat Jesus daardie bevel hoor gee het, dan net in die Naam van Jesus gedoop het, dan beteken dit dat Jesus ook die Vader en die Heilige Gees is. En dit is ‘n ernstige dwaling en ‘n aantasting van die ware wese van die Godheid. Het Jesus dan nie herhaalde kere gepraat van die Vader wat Hom gestuur het nie?
In die hele Hoëpriesterlike gebed in Johannes 17 bid Hy tot die Vader.
Sê Hy nie in Johannes 14:16 die volgende nie:
16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid?
Hy sê ook:
Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig - (Joh. 15:26, 1933 Vertaling).
1953 Vertaling stel dit so:
Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Met die doping van Jesus deur Johannes in Matthéüs 3:15, lees ons in: vers 16;
16 En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.
17 En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê; Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.

MiniCalendar

November 2018
SMTWTFS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Shop

Visitors Counter

29452
TodayToday64
YesterdayYesterday88
This_WeekThis_Week443
This_MonthThis_Month1474
All_DaysAll_Days29452