Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 215

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

 Sefánja 3:1-20;
(En ons gaan met mekaar die hele hoofstuk lees uit die1933 Vertaling).
1 WEE die opstandige en die besoedelde, die verdrukkende stad.
2 Dit luister na geen stem nie, dit neem geen tugtiging aan nie; op die HERE vertrou dit nie, tot sy God kom dit nie nader nie.
3 Sy vorste binne-in hom is brullende leeus; sy regters is aandwolwe wat niks vir die môre oorlaat nie.
4 Sy profete is ligsinnig, trouelose manne, sy priesters verontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet.
5 Die HERE is regverdig binne-in hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie.
6 Ek het nasies uitgeroei, hulle hoekvestings is vernietig; hulle strate het Ek verwoes, sodat niemand meer verbygaan nie; hulle stede is verniel, sodat daar geen mens, geen inwoner in is nie.
7 Ek het gesê: Mag jy My vrees, tugtiging aanneem! Dan sou sy woonplek nie uitgeroei word nie, nie plaasvind alles wat Ek teen hom bestel het nie. Nogtans het hulle met ywer al hulle handelinge bederwe.
8 Daarom, verwag My, spreek die HERE, op die dag wat Ek My gereedmaak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word!
9 Want dan sal Ek aan die volke reine lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die HERE met ‘n eenparige skouer sal dien.
10 Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, my verstrooide gemeente, my offerande bring.
11 Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel en jy sal nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie.
12 En Ek sal tussen jou in laat oorbly ‘n ellendige en geringe volk wat by die Naam van die HERE skuiling soek.
13 Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, en in hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en lê, en niemand sal hulle skrikmaak nie.
14 Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van Jerusalem!
15 Die HERE het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die Koning van Israel, die HERE is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie.
16 In dié dag sal vir Jerusalem gesê word: Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap hang nie!
17 Die HERE jou God is by jou, ‘n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.
18 Die wat bedroef is, ver weg van die fees, versamel Ek; hulle hoort by jou, die smaad druk swaar op hulle,
19 Kyk, in dié tyd sal Ek met jou verdrukkers handel; en die wat kreupel is, sal Ek red; en die wat verjaag is, versamel; en Ek sal hulle maak tot ‘n lof en ‘n roem wie se skande oor die hele aarde was.
20 In dié tyd sal Ek julle aanbring, ja in die tyd wanneer Ek julle versamel; want Ek maak julle ‘n roem en ‘n lof onder al die volke van die aarde, wanneer Ek voor julle oë julle lot verander, sê die HERE.
O, wat ‘n magtige boodskap is dit nie hierdie nie! Ek lees vir u weer in besonder daardie 12de vers want ek sou sê, dit sal die kern van die boodskap wees – “En Ek sal tussen jou in jou laat oorbly ‘n ellendige en armoedige volk, wat by die Naam van die HERE skuiling soek” (1933).
“En Ek sal tussen jou in laat oorbly ‘n ellendige en armoedige volk, wat by die Naam van die HERE skuiling soek”.
Die boodskap wat die HERE dan op my hart vir u gelê het is:
“ ‘n Ellendige en armoedige volk”.
Ek wil hê u moet na ‘n pragtige, (eintlik sover dit ons verstand en insig op die oomblik strek), en heerlike kontras in hierdie teks dadelik waarneem sodat u saam met my kan gaan in hierdie paar oomblikke wat ek hierdie boodskap met u deel.
Ek lees hom vir u weer:
“En Ek sal tussen jou in laat oorbly ‘n ellendige en armoedige volk, wat by die Naam van die HERE skuiling soek.”
“‘n Ellendige en armoedige volk, wat by die Naam van die HERE skuiling soek!”
So aan die eenkant praat dit van ellende en dit praat van armoede maar in die anderkant praat dit van by die HERE skuiling soek! Die een, en die volk wat by die HERE skuiling soek is nie ellendig en is nie armoedig nie!
Maar nou sal u met my saamstem, dit is dikwels, en ek sou sê in die meeste gevalle, moet dit eers ellende en armoede wees wat ‘n mens na God toe dryf, om by God te gaan skuiling soek. Dit is die hele boodskap
van hierdie tyd, dit is die hele verklaring van die toestand in ons land soos ons op hierdie oomblik is.
Daarom sou u dalk nou sê, as ek nie vir u beklemtoon wat ek nou gesê het nie, prediker ons kry alreeds swaar genoeg, en ons sien baie dinge vir ons in die gesig staar, moenie nou weer met my kom praat oor ellende en oor armoede nie! Ek wil liewer hoor van blydskap, ek wil liewer hoor van voorspoed, ek wil liewer hoor van uitkoms, ek wil liewer nou hoor hoe lank gaan hierdie dinge nog aanhou, wat op die oomblik in ons land aan die gang is. Daarom wil ek vir u sê, dit sal nog erger gaan. Dit gaan nog baie erger word voordat dit gaan beter gaan word. Maar wanneer dit beter gaan, gaan dit wonderlik beter gaan!
Omdat ons in hierdie hele Babiloniese Stelsel is, het ons heeltemal ‘n verkeerde besef en ‘n verkeerde benadering van waardes gekry! En die duiwel het daarvoor gesorg, die duiwel het vir ons die glans en die glinster van die goud en die diamante en die rykdom en die eer en die status, het hy vir ons so voor ons oë gestel dat ons as ‘n volk, ons as God se geroepe volk, ons oë op voorspoed en ons oë op sukses gerig!
Weet u dit word vandag nie meer in die lewe gevra of ‘n mens karakter het nie. Dit word net gevra is hy suksesvol? As hy ‘n suksesvolle besigheidsman is, of ‘n suksesvolle professionele man, of in watter opsig suksesvol is, solank hy net nie in die tronk gekom het nie, is hy die groot figuur in die samelewing! Ons vra nie meer na die werklike waardes van eerlikheid en waarheid en opregtheid en liefde en daardie diep waarhede en waardes wat vir God kosbaar is nie!
Nou hoe sal ons ooit daaruit kom?
Ek vra dikwels vir mense, en ek vra dit vir elke persoon hier, wat nog klein kindertjies het, en as u nie meer klein kindertjies het nie is u heel moontlik dan al ‘n oupa of ouma, dan het u kleinkinders, of u het boeties of sussies, of familie. U sien ons kinders; dan sê ek vir u watter vooruitsig het ons, as ons vandag kyk na ons kinders in ons land, tensy daar ‘n drastiese verandering kom.
En hoe gaan daardie verandering kom?
Daardie verandering, dank God, gaan kom volgens sy Woord!
Daarom het die duiwel daarvoor gesorg, nie net met al hierdie dinge soos die televisie en al hierdie ander aanloklikhede buitekant nie. Ons hele opvoeding sisteem van die wêreld, jou hele finansiële masjinerie, is daarop ingestel om ons weg te trek van die dinge van God en om vir ons weg te trek van sy Woord. Weet u ons is vandag nog bekend as ‘n Bybelland, ons is bekend as ‘n “kerk land”. Daar is nie ‘n dorp of ‘n stad in ons land waar daar nie kerke is nie.
Dit sal vir ons baie, baie vreemd wees; ons is so gewoond daaraan dat ons nie daarvoor uitgekyk het nie, maar dit sal vir ons baie vreemd wees as ons ‘n dorp of stad moet ingaan, en begin rondsoek en ons nêrens ooit meer ‘n kerk kry nie. As die vyand sy sin kan hê, is dit wat gaan gebeur. Maar ten spyte van ons kerke en ten spyte van ons preekstoele en ten spyte van ons Bybels, is God se volk besig om te vergaan weens ‘n gebrek aan kennis!

Indien u hierdie boek wil bestel - kontak Monique : ekklesiakassetfonds.neser@gmail.com

MiniCalendar

November 2018
SMTWTFS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Shop

Visitors Counter

29451
TodayToday63
YesterdayYesterday88
This_WeekThis_Week442
This_MonthThis_Month1473
All_DaysAll_Days29451