Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 202

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

Ons gaan Galásiërs 3 saam ondersoek. Maak ons Bybels daar oop en dan gaan ek my gedagtes met u deel daaroor. Voordat ek die 1ste vers neem en net met u stap vir stap deurgaan en die punte beklemtoon wat ek voel wat werklik beklemtoning nodig het en waaroor die groot menings verskil bestaan tussen kinders van die HERE, dat ek dit dan met u in besonderheid sal behandel. Soos ek sê voordat ek by die 1ste vers begin wil ek tog met u eers verse 23 en 24 lees, ons sal later weer daarby kom.
Galásiërs 3:23-24;
23 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.
24 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.
Wat het die apostel hier bedoel by hierdie woord “ons” in die eerste instansie; sekerlik tog “hy en die Galásiërs” aan wie hierdie brief geskrywe is. Nou as hy dan sê: “die wet was ons tugmeester na Christus toe” en vers 24 – “ons was onder die wet in bewaring gehou ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word”.
Wie se tugmeester?
Wat se wet?
Wie het die wet ontvang?
Het die Filistyne die wet ontvang? Het die Moabiete of die Ammoniete of die Jebusiete; noem enige nasie in die Ou Testament wat ons aan kan dink, het hulle die wet ontvang?
Dan moet ons sê nee!
Alleen Israel het die wet ontvang!
As hy dan vir hierdie Galásiërs hierdie dinge sê, die wet was ons tugmeester, ons was onder die wet in bewaring gehou, m.a.w. hy en hierdie Galásiërs, dan moes daardie Galásiërs Israeliete gewees het. Ek kan nie daarby verbykom nie, en dus moet dit ook my uitgangspunt wees as ek die hele boek Galásiërs bestudeer en ook in besonder uit hierdie kontroversiële hoofstuk 3 in die besonder, moet ek dit dan as uitgangspunt neem. As ek dit nie as uitgangspunt neem nie dan is ek ter see sonder ‘n kompas, sonder ‘n roer, en sonder ‘n stuur. Ek is sonder ‘n fondasie, ek is sonder ‘n vertrekpunt. Maar om nog verder hierdie saak te bevestig kyk ons na die hoofstuk 4, ons lees vanaf die 4de vers.
4
Galásiërs 4:4-5;
4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet,
5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.
Nou wie was onder die wet?
Israel!
Dus, Hy het gekom om die wat onder die wet was - dus Israel, los te koop sodat ons – dit is Israel, die aanneming tot kinders kan ontvang. En so gaan hy dan voort in die trant.
Nou my volgende punt wat ek by u wil tuisbring en waar daar ook nou baie meningsverskil bestaan het, u moet nou maar self; u is Bybel studente en u moet my beoordeel om vir my te sê in u gedagte en later in die vraetyd kan u dit dan ook sê as u so oortuig voel, dat ek is bevooroordeeld ten gunste van my eie sienings, dan wil ek dit sê: die basis is, die Galásiërs was Israeliete want hulle was onder die wet.
In Matthéüs 10, ons ken dit goed, verse 5 en 6, het die HERE gesê: “moenie gaan na die heidene nie, moenie gaan na die stad van die Samaritane nie maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel”.
In Matthéüs 15:24, het Jesus op dieselfde gedagte gespreek, het Hy gesê: “Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel”.
Dus, as sy dissipels Hom dan reg gehoor het, soos ons moet aanvaar dat hulle Hom reg gehoor het; toe hulle uitgaan, is dit nie wat hulle gedoen het nie? Die manier wat ek die HERE se woord verstaan, is dit presies wat hulle gedoen het. Hulle hét toe na daardie Israeliete toe gegaan waarvan hierdie Galásiërs een groep was. Presies in gehoorsaamheid aan die bevel van onse Here Jesus, en in ooreenstemming met sy hele sending.
Wanneer ons dan na hierdie 3de hoofstuk kyk, ek het ‘n bietjie gekyk en ‘n kleur potlood geneem want ek is gewoond om my Bybel te merk, en ek het die woord “wet”, in hierdie hoofstuk 3 ‘n kringetjie om getrek en ek het gevind daar is 13 van hulle; 13 keer net in hierdie hoofstuk word die woord “wet” gebruik. Nou, dit is nog my ander punt: as hierdie mense nou ‘n klomp heidene was, in die sin, dat hulle nie Israeliete was, soos algemeen aan ons gesê word - hulle was!
Waarom hierdie geweldige klém op die woord WET.
Wat sou die heidene geweet het van die wet?
Wat het die heidene te doen gehad met die wet?
Veral, wat het elkeen te doen met die wet as dit dalk die bedoeling was van Paulus om hulle weer terug te plaas onder die wet. Dit was juis Paulus se
5
groot stryd met die Judaïseerders wat op sy spoor gevolg het dat hulle juis hierdie nuwe bekeerlinge vir hulle gesê het: ja, dit is nou goed, julle kan die Here Jesus aanneem as julle saligmaker, maar julle moet julle ook laat besny, julle moet ook dae en maande en jare waarneem en so aan. M.a.w. julle moet ook die rituele gedeelte van die wet ook onderhou en met die bedoeling dan dat hulle daardeur moet erken dat die bloed van die Here Jesus nie algenoegsaam was vir hulle saligheid nie maar dat hulle ook die wet daarby moes bybring, m.a.w. dat hulle dan hulleself weer moes plaas onder die wet, sover dit ook hulle saligheid betref.
Nou, ek is een van die eerstes om te sê: “die HERE het nie die wet verwerp nie. Die HERE het nie met die wet weggedoen nie”. Anders sou Hy bv. nie vir Israel gesê het: “Ek sal met julle ‘n nuwe verbond maak”. Wat gaan Hy met daardie verbond doen, Hy sal sy wet vat en dit op hulle harte skryf en dit in hulle verstand ingee.
Nee, die wet is baie belangrik, en daarom het Hy die wet, nie die wet tot saligheid nie, die wet kon nie salig maak nie, en die wet sal nooit salig maak nie. Dit is die bloed van die Here Jesus wat salig maak. Maar as dit dan salig kan maak, dan sal ek die wet wat op my hart geskrywe is sal ek vanself uitvoer, nie om salig te word nie maar omdat ek salig geword het. En dan is dit nie nog nodig vir my om dit ritueel uit te voer, om dit te bevestig nie. Dit was Paulus se stryd. Maar hierdie Judaïseerders, hoekom sou u dink het hulle so ‘n vatkans op hierdie Galásiërs gehad, juis met die wet. En dat Paulus so baie, juis toe, oor die wet gesê gehad het.
As hierdie mense ‘n klomp rou heidene was, sou die Judaïseerders, as hulle met die wet na hulle gekom het, sou daardie mense nie eers geweet het waarvan hulle gepraat het nie. Maar omdat hierdie mense Israeliete was, en juis teer gevoel het en as ons nou kyk na die ander briewe soos aan die Efésiërs en so aan, dat hulle juis teer gevoel oor die feit dat hulle as te ware verwerp was, dat hulle ver weg was, dat hulle vervreemd geraak het van die verbonde van die genade ensovoorts.
Sonder God, sonder hoop in die wêreld, maar dat hulle goed bewus was van wie hulle was. As ons gaan na ‘n geskiedskrywer soos bv. Josephus dan sê Josephus vir ons waar die tien stamme was. Met ander woorde, die mense in Judea het geweet waar die tien stamme was, en hulle het geweet wie die tien stamme was. Sou die tien stamme dan nie self geweet het wie hulle was nie? Hulle het geweet wie hulle was, en daar is baie sulke aanduidings ook dat hulle geweet het wie hulle was. Dus kan u nou goed sien hoe hierdie Judaïseerders die vatkans op hulle gehad het met die wet!
6
My hele punt in hierdie paar minute se betoog is omdat ek dit wil beklemtoon: hierdie mense was Israeliete! Daarom is daar so baie van die wet ter sprake.

MiniCalendar

November 2018
SMTWTFS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Shop

Visitors Counter

29444
TodayToday56
YesterdayYesterday88
This_WeekThis_Week435
This_MonthThis_Month1466
All_DaysAll_Days29444