Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 239

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

Ek wil graag ʼn lesing aan u bring oor gebed en as ek dit ʼn subtitel mag gee
‘Die Vergete Geheim’.
We are going to read a very well known portion of God’s precious
Word namely from the beautitudes and that is from Matthew 6:1-18.
Ons lees die bergpredikasie uit Matthéüs 6:1-18
1 Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur
hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader
wat in die hemele is nie.
2 Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou
blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen,
dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir
julle, hulle het hul loon weg.
3 Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat
jou regterhand doen nie.
4 sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader
wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.
5 En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want
hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die
strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word.
Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.
6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en
bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die
verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in
die openbaar vergelde.
7 En as julle bid, gebruik nie ʼn ydele herhaling van woorde soos die
heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor
sal word.
8 Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle
nodig het voordat julle Hom vra.
9 Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u
Naam geheilig word;
10 laat u koninkryk kom, laat u wil geskied, soos in die hemel net so
ook op die aarde;
11 gee ons vandag ons daaglikse brood;
5
12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars
vergewe;
13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot
in ewigheid. Amen.
14 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle
hemelse Vader julle ook vergewe.
15 Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle
Vader julle ootredinge ook nie vergewe nie.
16 En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die
geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die
mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle,
hulle het hul loon weg.
17 Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig,
18 sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat
in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien sal
jou in die openbaar vergelde.
Ons lees tot daar en mag die Here Sy Woord seën. As my teks neem ek
daardie welbekende vers in Matthéüs 6:6, dit is maklik om te onthou. Ek
bid dat die Here dit op u hart skrywe en dat u dit nooit sal vergeet nie.
Matthéüs 6: 6
6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en
bid tot jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die
verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
Matthew 6: 6
6 But thou, when thou prayest, enter into thy closet, and when thou
hast shut thy door, pray to thy Father which is in secret; and thy
Father which seeth in secret shall reward thee openly.
Liewe leser, die wêreld dink baie van gebed. As iemand in die moeilikheid
kom sien ons hoe gou hy bid. Selfs die heiden soek iets om te aanbid of dit
die son, ʼn boom of ʼn klip is.
ʼn Groot tragedie by die kinders van God is dat ons te min bid. Ons wie die
lewende God het, het in baie opsigte die geheim miskien lankal verloor of
miskien nog nooit eers ontdek wat dit beteken om werklik te bid nie.
6
How many Christians have lost the secret to pray or don’t know what
it really means to pray.
Ons sien in Suid-Afrika hoe die Mohammedane hulle winkels toemaak op
'n Vrydag om te bid. Hoeveel van ons Christene sal ons besighede
toemaak op ʼn sekere tyd en daardie profyt verbeur as ons so ʼn soet uurtjie
van gebed kan hê? Hoeveel van ons in ons alledaagse lewe kan alles opsy
sit en vir ons ʼn sekere tyd afstaan en sê dit is my tyd van gebed? Dit is my
tyd wanneer ek na my binnekamer gaan my deur sluit en nader tree tot my
Vader wat in die verborge is. Hy het vir my daar verborge skatte weggelê.
Hy het gesê as ek dit doen, sal Hy na my luister daar in die verborge en Hy
sal my in die openbaar vergelde. Watter magtige belofte, maar u moet
weet om ʼn deur toe te maak en om ʼn deur te sluit is ʼn besliste handeling.
To enter a room, to close a door and to lock that door is a definite
act and we know that sometimes in moments of rage or in some
occasion when you have taken a huff, how that people can rush to
their room and slam the door behind them. Do we take that
deliberate step or that deliberate act to say now, I am going to
appear before my God; He has promised to meet me there in secret.
Hy het belowe om my daar in die verborge te ontmoet. Niemand anders in
die nabyheid nie. As ek nie ʼn kamer het nie moet ek ʼn plek kry waar ek my
kan afsonder met my God.
Hy het met my ʼn afspraak gemaak en ʼn belofte gegee, Hy sál dit doen. Het
u so ʼn tyd van afspraak met God? Hier is ʼn verlore geheim. Ons lewe in
die tyd waar ons dit nodig het. Ons lewe in ʼn tyd waar ons hierdie geheim
sal moet herontdek. Ons lewe in ʼn tyd waarin ons gedwing gaan word om
alleen te wees met God.
Nie net vir probleme daarbuite nie maar daar is ook onrus in ons siele,
daar is laste in ons lewens, dinge wat op ons senuwees werk in ons
omstandighede. Hierdie dinge gaan ons verpletter as ons nie kom op ʼn
plek van rus en op ʼn plek waar ons krag kan ontvang nie.
We need that moment and that place of rest and seclusion, that
place of refreshment, that moment and that time of replenishment.
Otherwise we are not going to stand the pressure of life and the
dangers that are around us. We will have to confess that we have
7
seen this verse so many times in our lives but we have either just
gone over it or we are not merely taking God at His Word.
Of ons het maar sommer net hierdie versie geïgnoreer of ons het God nie
op Sy Woord geneem nie. As u iemand moet sien met ʼn telefoon
gehoorstuk in sy hand en hy praat baie ernstig en bespreek dalk die
grootste besigheidstransaksie, maar jy weet die draad buite is geknip en hy
het geen kontak nie, hoe jammer sal jy daardie man nie kry nie? Of as ons
in tye van terrorisme die polisie moes skakel en die drade is geknip? Hoe
verskiklik as die aanvalle kom en daar is niemand wat jy in die hande kan
kry om te help nie? Maak ons nie ook maar so met God nie? As ons ons
binnekamer ingaan, glo ons werklik dat ons met Hom kontak maak?
When we go into our inner chamber, do we really believe that we
make contact with God?
Waarvoor bid ons? Bid ons net vir vertroosting, bid ons vir kalmering, bid
ons vir ontvlugting? Daar is baie mense wat geweldige troos vind in die
streling en kalmering van musiek en kuns. Party mense vind gemoedsrus
deur uit te gaan in die natuur – die bome, die groen veld, die stilte van die
vroeë môre, in die aand wanneer die son net wil ondergaan, daardie vrede
wat so op die aarde neerdaal. Dis reg genoeg, maar as dit al is dan het u
nog geen misterie ontdek nie. U het nog nie Iemand ontdek wat aan die
anderkant van die telefoondraad is wat gebede hoor en dit antwoord nie.
How many people say I find my consolation. I find that rest in sweet
music, in beautiful art or in the reading of wonderful stories. Some
find it in nature. All that may be very true and they have their place.
But then you have not discovered the mystery of that Someone at
the other end of the line. That One who hears and answers prayer.
Hierdie gebed, hierdie soet uurtjie van gebed is my tyd van my reunie met
my God. Ons het ʼn God wat gebed verhoor! Halleluja! Prys Sy wonderlike
Naam!
My time of reunion with my God, is the time when I come alone with
Him with all that is within my heart! I believe we are going to see the
fulfilment of that prophecy in Zechariah 12:10 where it speaks of a
time of anguish.

MiniCalendar

November 2018
SMTWTFS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Shop

Visitors Counter

29444
TodayToday56
YesterdayYesterday88
This_WeekThis_Week435
This_MonthThis_Month1466
All_DaysAll_Days29444