Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 40

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

Hierdie is die eerste van twee dele oor hierdie baie belangrike onderwerp. In hierdie eerste deel sal ons Israel in die Vier Evangelies behandel, en in deel twee Israel in die res van die Nuwe Testament.
Die hele saak wentel rondom die vraag of God met die eerste koms van die Christus en sy kruisiging en opstanding afgesien het van sy roeping van ‘n Nasionale Israel. Het Hy na die Hemelvaart van Christus die roeping van ‘n Nasionale Israel oorgeplaas op die kerk, dit wil sê, ‘n Geestelike Israel wit uit alle volke bestaan?
Daar is geen verandering in die Godsplan nie. In hierdie verhandeling sal u sien dat die Godsplan met die letterlike nasionale Israel Volk netso onveranderd vanaf die Ou Testament na die Nuwe Testament oorgaan. In geen opsig hoegenaamd het die kerk van die Nuwe Testament die roeping en funksie van die letterlike Israel van die Ou Testament oorgeneem nie.
Die letterlike Nasionale Israel gaan juis haar grootste herstel en verheerliking met die Wederkoms van Christus beleef. Dit is juis om die oog van die gelowige van hierdie grootse gebeurtenis weg te kry, dat die groot misleiding van ‘n sogenaamde Geestelike Israel wat uit alle volke bestaan, in die teologie ingebring is.
Aangesien ek hierdie boek en die deel wat op dit volg as die belangrikste van al my geskrifte beskou, wil ek dit spesiaal aan my vrou opdra. Sy het deur al die jare wat ons so hard moes stry om die groot waarheid van die identiteit van die ware Israel aan ons mense uit te dra, my getrou bygestaan. As dit nie vir haar harde werk en getrouheid en verdraagsaamheid was nie, sou ek nie hierdie taak kon volvoer nie. Sy was ‘n ware gawe van God aan my en aan sy werk. Hy is niemand se skuldenaar nie, Hy sal haar beloon.
Die buiteblad stel voor hoedat dieselfde Israel Volk netso onveranderd aan die Godsplan oorstap vanuit die Ou Testament na die Nuwe Testament.
Ek sê ook baie dankie aan Willem en Lenie de Klerk wat die proeflees van die manuskrip vir my gedoen het.
F.W.C. Neser
1 Junie 1981
7
Deel 1 Israel in die Nuwe Testament
8
Inleiding
Die magtige boodskappe en vurige profesieë van die profete van die OT aangaande die uiteindelike herstel van Israel tot haar nasionale en godsdienstige oppermagtigheid onder die Messías (die Christus) het net so onveranderd in die NT oorgegaan.
Wanneer ons dus na die NT kyk moet ons, ons denke van alle blote teologiese opvattings en veronderstellings suiwer. Ons moet veral die gedagte dat die kerk die ware Israel is, en dat die vooruit verwagting van die OT aangaande die koninkryk in die kerk vervul is, heeltemal verwerp. Hierdie opvatting is ‘n erfenis van Rooms Katolieke en na-apostoliese teologie.
Ons moet dus nie uitlegginge van die Bybel onvoorwaardelik aanvaar net omdat hulle algemeen bekend is nie. Moet veral nie aanvaar dat die “troon van Dawid” - (Luk. 1:32) sinoniem met “My Vader se Troon” - (Open. 3:21) is, of dat “die huis van Jakob” - (Luk. 1:33) die kerk (gemeente) is wat uit beide Israeliet en heiden bestaan nie.
Die Koningskap van Jesus Christus word in die Dawidiese Verbond omlyn - (2 Sam. 7:8-16; Eség. 37:22-28 en baie ander verwante Skrifte), deur die profete verder verklaar, en in die NT bevestig. Laasgenoemde verwerp of verander in geen opsig hoegenaamd die Dawidiese Verbond, of die vertolking wat die profete daaraan gegee het nie. Inteendeel, dit gee verdere besonderhede wat nie in die profete se visie voorgekom het nie. Die Bergpredikasie (Matthéüs 5) byvoorbeeld, is ‘n uitbreiding van die gedagte van “geregtigheid” as die uitstaande kenmerk van die Messiaanse Koninkryk - (Jes. 11:2-5; Jer. 23:5-6; Jer. 33:14-16).
Die profete van die OT was juis uit die veld geslaan deurdat hulle as het ware op een gesigseinder beide die lyding en die heerlikheid van die Messías gesien het - (1 Pet. 1:10-11).
Die NT verklaar dit vir ons deur aan te toon dat hierdie twee aspekte van die Messías van mekaar geskei word deur die huidige Kerk (gemeente) Tydperk, en wys vir ons ook heen na die terugkeer van die Christus (die Messías) om die Dawidiese Verbond van seëning in krag en majesteit te kom vervul - (Luk. 1:30-33; Hand. 2:29-36; Hand. 15:14-17), net soos Hy al die profesieë aangaande sy lyde met sy Eerste Koms vervul het.
Vergelyk: Hand. 3:22-25; Gal. 3:13; Gal. 4:4-6.
9
Christus word nêrens die Koning van die Kerk genoem nie. “Die Koning” is inderdaad een van die Goddelike titels, en die kerk (die gemeente) sluit by Israel aan in haar aanbidding en verheerliking van “die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleen wyse God” - (Ps. 10:16; 1 Tim. 1:17). Die ware gemeente, wat die liggaam van Christus is, is bestem om saam met Hom te regeer. Die Heilige Gees roep nou, nie sover die onderdane nie, maar die mede-erfgename en die mede-heersers, van hierdie koninkryk uit -
(Rom. 8:15-18; 1 Kor. 6:2-3; Filip. 3:8-14; Heb. 11:35; 2 Tim. 2:11-12; Open. 1:5-6; Open. 3:21; Open. 5:9-10; Open. 20:4-6).
Die ware onderdane sal in die “Tyd van die Benoudheid van Jakob” - (Jer. 30:4-7) die lig sien wanneer ‘n nasie op een enkele dag, die “Dag van Benoudheid”, - (Ps. 50:14-15; Ps. 91; Eség. 30:3; Eség. 34:12; Rom. 11:25-29) gebore sal word - (Jes. 66:8).
10
Israel in die Evangelie volgens Matthéüs
Die veld en die strekking van hierdie Boek word vir ons in die heel eerste vers aangegee. Matthéüs is “die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham” - (Matt. 1:1). Dit verbind Hom onmiddellik met twee van die vernaamste Verbonde van die OT: die Dawidiese Verbond van Koningskap, en die Abrahamiese Verbond van Belofte -
(2 Sam. 7:8-16; Gén. 15:5-6, 18; Gén. 17:1-4, 6, 8,19-21; Gén. 22:8,13-18).
Matthéüs skryf dan van Jesus Christus in hierdie tweeledige openbaring wat duidelik na vore kom in hierdie hele Boek.
Soos aangedui in die heel eerste vers, skryf hy eerste oor die Koning, die Seun van Dawid, en dan van die Seun van Abraham wat, soos deur Isak voorgestel, gehoorsaam was tot die dood toe - (Gén. 22:1-18; Heb. 11:17-19).
Die uitstaande eienskap van Christus in Matthéüs is egter die van Verbondskoning, Dawid se “regverdige Spruit” - (Jer. 23:5; Jer. 33:15). Matthéüs gee vir ons Jesus se geslagsregister; sy geboorte in Bethlehem die stad van Dawid, volgens Miga 5:1; die bediening van sy voorloper volgens Maleági 3:1; die bediening van die Koning Self; sy verwerping deur die Judaïese van Israel onder die aanvoering van die Esau element in hulle midde - (vgl. Matt. 13:38; Matt. 23:33; Luk. 11:49-51; Joh. 8:44, 47; Joh. 10:26; Hand. 13:10; 1 Joh. 3:12), en sy voorspellings van - “Sy Wederkoms in groot krag en heerlikheid”.
Die boek van Matthéüs is dus by uitstek die Evangelie van Israel.
Matthéüs kan in drie hoof afdelings ingedeel word:
I. Die openbaring aan ‘n gedeelte (die amptelike gedeelte) van Israel, naamlik die Huis van Juda, en die verwerping van Jesus Christus, die Seun van Dawid, - Matt. 1:1; tot Matt. 25:46.
Die onderverdelings van hierdie gedeelte is:
(1) Die amptelike geslagsregister en geboorte van die Koning, - Matt.1:1-25;
(2) Die onbekende kinderjare van die Koning, - Matt. 2:1-23;
(3) Die koninkryk het “naby gekom,” - Matt. 3:1 tot Matt. 12:50;
(4) Die verborgenhede van die koninkryk, - Matt. 13:1-52;
(5) Die bediening van die verworpe Koning, - Matt. 13:53 tot Matt. 23:39;
(6) Die belofte van die Koning om terug te kom in krag en heerlikheid, - Matt. 24:1; tot Matt. 25:46.
II. Die soendood en opstanding van Jesus Christus, die Seun van Abraham, - Matt. 26:1 tot Matt. 28:8.
11
III. Die Opgestane Here se bediening aan sy eie - Matt. 28:9-20.
Matthéüs 1:21;
en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
Daar is net een volk in die hele wêreld en in die hele geskiedenis wat in die Skrif die Volk van God genoem word, en dit is Israel.
In Exodus 3:6-7 lees ons;
6 Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien.
7 En die HERE sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte.
Lees ook: Ex 3:8, 10, 13, 15, 16, 18; Ex. 4:5; Ex.5:3; Ex. 6:5-6; Ex. 15:16; Ex. 19:5-6.
Vgl. 1 Petrus 2:9-10;
Met:
Hoséa 1:9-12; Hos. 2:15-22; Deut. 4:5-8; Deut. 4:20, 33-37; Deut. 7:6-8;
Jes. 43:14-15, 20-2l, 25; Jes. 44:1-2, 6, 8, 21-23; Jes. 45:4, 11, 17, 25; Jes. 46:3-4.
Sien ook verder die hele Jesaja vanaf hoofstuk 48 tot 66; Rom. 11:25-29.
Hiermee moet ons ook saam lees:
Jes. 9:5-6; Deut. 30:1-6; Jer. 31:31-33; Eség. 37;
Luk. 1:31-33, 54-55, 67-79; Luk. 2:25, 30-32; Heb. 8:8-12.
Hieruit kom dit baie duidelik na vore dat Israel eers van hulle sondes verlos moet word voordat die res van die wêreld die lig sal ontvang. Die uitdra van die evangelie moet saamgaan met ‘n gesagstaat wat sal bestaan uit ‘n waarlik bekeerde Israel met Jesus Christus (die Messías) op die troon van sy vader Dawid - (lees en verklaar weer Open. 3:21).
Dit is hierdie waarheid wat in hierdie tyd waar die ware Christendom voor sy grootste bedreiging van alle tye te staan gekom het, en waar wet en orde en reg en geregtigheid op die punt staan om van die aarde af te verdwyn, baie prominent na vore gebring moet word.
Matthéüs 2:6;
En jy, Bethlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ‘n leidsman voortkom wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees.
Die owerpriesters het hier op die navraag van Herodes geantwoord en vir hom uit Miga 5:1 aangehaal. Weereens wys dit daarop dat Jesus die
12
Christus gekom het volgens die profete om vir Israel ‘n Leidsman en ‘n Herder te wees. As ons dan waarlik vir Christus wil verkondig, moet ons hierdie aspek van Hom nie net nie buite rekening laat nie, maar ons moet dit beklemtoon, want so word dit deur die profete gedoen. Ons sal ‘n baie belangrike deel van die Godsplan miskyk as ons dit nie doen nie, en sodoende die hele evangelie verdraai. Dit is presies wat vandag in die prediking van Gods Woord gedoen word. Die tragedie van die saak is dat so min in Israel hierdie groot waarheid hoor en dat die oorgrote meerderheid heeltemal blind en onvoorbereid is vir die “Klimaks van die Eeue” wat nou voor die deur is.
Matthéüs 3:2;
“ - - - - - Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
Dit is hoe Johannes die Doper met sy bediening begin het. Hierdie tema en die herstel van die koninkryk van God op aarde is die boodskap van Johannes die Doper, van Jesus en van sy apostels. Hierdie koninkryk, wat aan Adam toevertrou was, toe God aan hom gesê het: - - - - -
“- - - - - Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die vise van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip - (Gén. 1:28)
- - - - het die duiwel van hom gesteel.
Hierdie “KONINKRYK VAN DIE HEMELE” dui die Messiaanse Regering op aarde van Jesus Christus, die Seun van Dawid, aan. Dit is dieselfde koninkryk waarvoor Jesus sy dissipels leer bid het:
Matthéüs 6:10;
Laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel, net so ook op die aarde.
Hierdie benaming kom uit die Profeet Daniël waar dit beskryf word as die koninkryk wat “die God van die hemel” sal oprig na die vernietiging van die heidense (Babiloniese), wêreldstelsel (Gr. kosmos) deur “die klip wat sonder toedoen van mensehande losgeraak het - (Dan. 2:34-36, 44; Dan. 7:23-27).
Dit is die koninkryk wat met ‘n eed aan Dawid en sy nageslag beloof is - (2 Sam. 7:7-10); wat in die profete vir ons beskryf word, bv. Sagaría 12:8.
(Sien verseker ons Konferensie Reeks Boodskappe oor die Paasnaweek van 1979); en wat die Engel Gabriël aan Jesus Christus bevestig het deur sy woorde aan Maria in Lukas 1:32-33.
Die “KONINKRYK VAN DIE HEMELE” het drie aspekte in Matthéüs:
13
1) “het naby gekom” vanaf die bediening van Johannes die Doper - (Matt. 3:2) tot by die feitlike verwerping van die Koning - (Matt 11:22-32) en die aankondiging van die nuwe broederskap - (Matt. 12:46-50);
2) Die sewe “verborgenhede van die koninkryk van die hemele,” wat gedurende hierdie huidige dispensasie vervul sou word - (Matt. 13:1-52), en waarby ook nog moet gevoeg word die gelykenisse van die koninkryk van die hemele wat na die van Matthéüs 13 gespreek is;
3) Die profetiese aspek dat die koninkryk opgerig sal word na die terugkeer van die Koning in heerlikheid - (Matt. 24:29; tot Matt. 25:46; Luk. 19:12-19; Hand. 15:14-17).
Lees ook die volgende verse wat op dieselfde tema betrekking het:
Matt. 4:17, 23: Matt. 5:1, 3, 10, 17-20.
In vers 1 is die berg waarop Jesus geklim het ‘n tipe van die koninkryk van die hemele.
Vergelyk: Jes. 2:1-5; Jes. 11:1-12; Miga 4:1-8).
Nadat Hy aangekondig het dat die “Koninkryk van die Hemele” naby gekom het, verklaar die Koning nou in Matthéüs 5 tot 7, die beginsels van die koninkryk.
Die Berg Predikasie het ‘n tweeledige toepassing:
1) Letterlik op die Koninkryk self.
In hierdie opsig is dit die afkondiging van die Goddelike Grondwet vir die regverdige administrasie van hierdie aarde. Wanneer die koninkryk van die hemele uiteindelik op die aarde gevestig is, sal dit volgens hierdie grondwet wees, wat as ‘n verduideliking en uiteensetting van die begrip “geregtigheid,” soos deur die profete gebruik in hulle beskrywing van die koninkryk (bv. Jes. 11:4-5; Jes. 32:1; Dan. 9:24), beskou moet word.
Hier lê die ware rede waarom die Jode die koninkryk verwerp het. Hulle het nie na “Geregtigheid” gesoek nie, maar net na uiterlike vertoon en mag. Hulle was nooit bestraf omdat hulle ‘n sigbare en kragtige koninkryk verwag het nie. Die woorde van die profete moes hulle egter voorberei het om te verwag dat die armes van gees en die sagmoediges ‘n deel daarin sou hê - (bv. Jes. 11:4). Psalm 72 wat algemeen deur hulle aanvaar was as ‘n beskrywing van die koninkryk, is vol van hierdie waarheid.
2) Geestelike toepassing.
Daar is egter ook ‘n skoon en verhewe geestelike toepassing op die Christen. Dit sal altyd algemeen waar bly dat die arme van gees, en nie die trotse en hoogmoedige nie, geseënd sal wees; dat diegene wat treur oor hulle sondes, en wat dus in die volle besef van hulle tekortkominge, sagmoedig is en honger en dors na geregtigheid, in hulle honger en dors versadig sal word. Die barmhartige sal “salig” wees en die wat rein van
14
hart is “sien God”. Hierdie beginsels word weer baie duidelik in die Sendbriewe na vore gebring.
Lees self die ONSE VADER in Matthéüs 6:9-13;
en let veral op vers 10, “Laat u koninkryk kom”;
en vers 13, “Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid”.
Hier leer ons Here Jesus self vir ons om te bid vir hierdie koninkryk wat weereens presies dieselfde is as die waarvan die Engel Gabriël in sy boodskap aan Maria gepraat het toe hy die geboorte van Jesus Christus aangekondig het - (Luk. 1:31-33).
Matthéüs 6:33;
Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
In Matt. 6:25-32 het ons die heidense wêreld met sy leuse van profyt teenoor die Koninkryk van God met sy motief van diens.
Lees ook: Lukas 22:24-30; Johannes 18:36-37; Deut. 4:5-8.
Net soos in Matt. 3:2, is die Koninkryk van God hier ook die Messiaanse Koninkryk van ons Here Jesus Christus op die troon van sy vader Dawid met die hoof motief om die Godsregering op die aarde te herstel.
Lees 1 Korinthiërs 15:24-25 en ons kommentaar daarop wanneer ons daarby kom. Die basis vir hierdie koninkryk bestaan alreeds hier op aarde in die Israel Volk, maar dit moet nog van alle slegte elemente gesuiwer word. Dit sal met die Wederkoms van Christus gebeur, soos ons verderaan sal sien. Hierdie suiwering sal sigbaar wees en met groot krag en heerlikheid geskied.
Nadat Christus vir ‘n duisend jaar oor hierdie koninkryk op aarde geregeer en al die wortels van sonde en onvolmaaktheid vernietig het, waarvan die laaste vyand die dood, ook vernietig sal wees, sal Christus die koninkryk oorhandig aan die Vader, sodat God kan wees alles, en in almal - (Vgl. 1 Kor. 15:24-28).
Matthéüs 8:11-12;
11 Maar ek sê vir julle, dat baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele.
12 Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
15
Ons sien hier baie duidelik dat die koninkryk van die hemele nie basies die gereddes beteken nie, want geen ware wedergeborene sal uit die koninkryk uitgedryf word nie. Ons kan ook sien dat die koninkryk Israel beteken, want die name van die drie aartsvaders van Israel, naamlik Abraham, Isak en Jakob word genoem.
Soos ons nog verderaan sal sien, is daar in die koninkryk baie onkruid wat nog uitgesuiwer sal moet word voor die Wederkoms van Christus wat kom om die troon van sy vader Dawid in besit te neem en oor Israel hier op aarde te regeer. Uiteindelik sal net diegene in daardie koninkryk wees wat weergebore is, soos ons aan Jesus se gesprek met Nikodémus in Johannes 3:3, 5, 7, kan sien.
In hierdie koninkryk sal daar ook vanuit ander nasies diegene wees wat ook van Jesus se skape was, en wat die wedergeboorte deelagtig geword het; hulle sal die onverganklikheid en die onsterflikheid deelagtig geword het, en dus van gedaante verander het - (1 Kor. 15:51-53; Filip. 3:20-21; 1 Thess. 4:13-18).
Netso kan ons sien dat daar nou baie in die koninkryk is wat in der waarheid nie daar hoort nie, en met die wederkoms uitgedryf sal word in die buitenste duisternis, met ander woorde weg van die aangesig van God af. Net diegene wat die wil van God gedoen het sal agterbly in die Koninkryk van God - (vgl. Matt. 7:21-22).
Matthéüs 9:35;
EN Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
Hier sien ons weer hoedat Jesus oral rondgegaan en die evangelie van die koninkryk verkondig het. Dit is nog dieselfde koninkryk waarvan die Bybel van die begin af praat. Hierdie koninkryk is onlosmaakbaar van die Volk van Israel en van die letterlike “Troon van Dawid”. Hier sien ons ook dat die genesing van siekes saam met die verkondiging van die koninkryk gegaan het. Die verklaring hiervoor is baie duidelik. Wanneer die koninkryk in sy volmaaktheid herstel is, sal daar geen siekte wees nie, want siekte is deel van die sondeval.
Ons lees in:
Jesaja 33:24;
En geen inwoner sal sê: Ek is siek nie; aan die mense wat daarin woon, is die skuld vergewe.
Lees self: Jes. 33:22, en ook verse 5-6, 15-17, 20-22; Jes. 32:1, 14-18.
Na haar uittog uit Egipte het die Here vir Israel gesê:
16
“ - - - - - As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak - (Ex. 15:26).
Vergelyk ook: Ex. 23:25-26; Deut. 7:11-15).
Israel het gesondig en hierdie gebooie en insettinge nie onderhou nie. Die siektes en ander vloeke het hulle getref.

MiniCalendar

November 2017
SMTWTFS
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930

Visitors Counter

4112
TodayToday5
YesterdayYesterday32
This_WeekThis_Week211
This_MonthThis_Month735
All_DaysAll_Days4112