Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 37

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

 Die boek van Joël is vir ons tyd en vir hierdie geslag geskryf. Die Profesieë van die Bybel wys baie duidelik op “Die Dag van die HERE (JHWH)”, waarop Almagtige God hierdie huidige wêreldstelsel, wat in die Bybel die “Tye van die Nasies” of “Die Tye van die Heiden” genoem word, gaan vernietig. Dit alleen is ‘n geweldige stelling as jy nou bv. kyk na ons regeringstelsels die wêreld oor: die heidense regeringstelsels; die Kommunistiese diktatorskap van Rusland; van China; die regeringstelsels in Afrika; die regeringstelsels in Europa; ja, ook ons eie regeringstelsel; dat dit gaan vernietig word. Dit is iets drasties, iets geweldigs, en dit sal alleen met mag en geweld moet geskied en dit gaan geskied. Daarom moet die HERE vir ons genade gee dat ons groot sal dink en dat ons hierdie dinge sal sien in die grootsheid soos in die Bybel deur die profete vir ons beskrywe, onder andere hierdie boek van Joël waarmee ons nou besig is.
Aan die hoof van hierdie wêreldstelsel staan Satan self, en hy word deur ons Here Jesus, die prins van hierdie wêreldstelsel genoem.
Lees Johannes 14:30; (Die Here Jesus sê:)
30 Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie.
Nou daardie woord van wêreld is in die Grieks – “Kosmos” genoem wat wêreldstelsel beteken.
Ek het die “Blye Boodskap”, dit is die nuwe Afrikaanse vertaling wat nou mee begin is, met my saam gebring en ek sal net graag wil hê ons moet lees en sien hoedat dit vertaal is.
Dit is Johannes 14:30;
30 Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie want die owerste van die wêreld is aan die kom en hy het geen mag oor My nie.
“Die owerste van die wêreld is aan die kom”.
Daardie woord wêreld is hierdie wêreldstelsel. So, daar kan ons sien in die Here Jesus se eie woorde dat hierdie wêreldstelsel, daar in ons lewe, daardie tyd van die Here Jesus, is nie God se stelsel nie, Satan self is die owerste daarvan.
En dit is fantasties om daarop in te gaan, dit is deel van ons studie vanaand, want waar het hy die owerste geword? Hy het dit geword toe hy Adam en Eva mislei het. Van daardie tyd af het hy die owerste van hierdie wêreldstelsel geword. En hy sal alleen onttroon word met die wederkoms van die Here Jesus. En ek voel ons begin daardie laaste intensiewe
stadium daarvan, nou binnestap. En U moet uself daarvoor klaarmaak en u moet uself daarop voorberei.
Paulus beskryf hierdie super heerskappy van euwel, onderdrukking en duisternis baie raak en kragtig in:
Efésiërs 6:12;
12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
Hierdie wêreldstelsel word deur demoniese magte en prinse beheer. Dit is die rede waarom alle aardse regeringstelsels soos die wêreld dit ken, gebaseer is op die kosmiese beginsels van geweld, hebsug, selfsug, ambisie en plesier.
Dit is wat jy in die wêreld sien, dit is waarop die stelsel gebaseer is.
Is dit van God? Nee! Nou het ons die verklaring beide uit die mond van die Here Jesus en van Paulus, dat ons dit kan verstaan. Dan gee ek vir u hierdie paar Skrifte, en ek wil dit net gou met u saam lees dat ons kan sien wat sê die Skrif. Die eerste een is ‘n baie welbekende een
Matthéüs 4:8-9, - Dit is waar die Here Jesus uitgelei was na sy doop, die wildernis in om versoek te word deur die duiwel en toe die duiwel Hom geneem het op ‘n hoë berg en Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd getoon het.
Ons lees dit net:
Matthéüs 4:8-9;
8 Weer neem die duiwel Hom saam na ‘n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid,
9 en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.
Dit is tog baie duidelik. As mense dit tog maar net kan verstaan, sal hulle baie, baie ander dinge ook verstaan.
Johannes 12:31;
31 Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.
Johannes 14:30; het ons alreeds gelees.
Johannes 18:36; (Dit is waar die Here Jesus voor Pilatus gestaan het en vir hom gesê het:)
36 Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; - - - -
(nie van hierdie wêreldorde hierdie wêreldstelsel nie)
- - - - as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.
Die gewone verklaring is dat die Here Jesus daarby bedoel het “My koninkryk is ‘n geestelike koninkryk”. Dit is glad nie die verklaring nie. Dit is deel van die verklaring, sekerlik in die sin dat die Here die ware Koning is. En dat die koninkryk van God wat kom, dat God daarvan Koning is en dat die Heilige Gees die mense sal lei. Maar dit is sommer maar net iets newelagtig en bloot net uit geeste bestaan, dit is glad nie die betekenis nie. Wat die Here Jesus bedoel het is “My koninkryk is nie van hierdie wêreldstelsel nie soos hy saamgestel is, waar Satan dit regeer en waar dit net mag en plesier en ambisie en geweld en oorlog en onderdrukking en ongeregtigheid is nie. My koninkryk is nie só ‘n koninkryk nie. As dit my koninkryk was sou my dienaars geveg het”.
As u nou ons boekie lees van “Engele” sal u weet wie die dienaars is, naamlik die engele, hulle word so genoem. Die HERE het ontelbare skares van engele en in hierdie bedeling waarin u en ek in lewe, in hierdie omverwerping, hierdie wat besig is om nou te gebeur en afstuur op die finale klimaks tussen God en Satan self.
Want Satan gaan onttroon word, hy gaan gebind word en hy gaan vir ‘n duisend jaar kragteloos gestel word. Hierdie dinge is nie maar net teologiese terme nie, dit is werklike feite en ek glo ons lewe in daardie tyd wat opwerk daarheen.
U kan nou alreeds die hele patroon daarvan sien en u sal ook sien hoe Joël dit vir ons beskrywe en dat u dit dan baie beter sal verstaan.

Indien u hierdie boek wil bestel - kontak Monique : ekklesiakassetfonds.neser@gmail.com

MiniCalendar

November 2017
SMTWTFS
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930

Visitors Counter

4100
TodayToday25
YesterdayYesterday36
This_WeekThis_Week199
This_MonthThis_Month723
All_DaysAll_Days4100