Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 119

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

1 Petrus 5:1-14;
1 EK vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat ‘n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook ‘n deelgenoot is aan die heerlikheid wat geopenbaar sal word:
2 Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid;
3 ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde.
4 En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.
5 Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
6 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.
7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.
8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.
9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.
10 EN mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!
11 Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.
12 Deur Silvánus, die getroue broeder, soos ek meen, het ek kortliks aan julle geskrywe om julle te vermaan en om te betuig dat dit die ware genade van God is waarin julle staan.
13 Die mede-uitverkorene in Babilon en Markus, my seun, groet julle.
14 Groet mekaar met ‘n kus van liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus Jesus is! Amen.
Mag die HERE sy woord aan ons harte seën.
Geliefdes, die onderwerp waaroor ek wil praat is: Ken jou vyand!
6
Ek lees weer vir u verse 8-9;
8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.
9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.
Geliefdes, om jou vyand te ken is om die helfte van die stryd te wen.
Die Apostel Paulus skryf aan die Korinthiërs:
2 Korinthiërs 2:10b-11;
10 - - - dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie;
11 want ons is met sy planne nie onbekend nie.
Sodat julle nie deur die Satan bedrieg mag word nie, “want ons is met sy planne nie onbekend nie”.
Maar die las wat op my hart lê is dat God se volk met die duiwel se planne
onbekend is. Daar gebeur met ons daagliks dinge in ‘n mindere of meerdere mate wat nooit moes gebeur het, as ons die werkinge en planne van die duiwel geken het nie.
Ons sal nog in die volgende 3 dienste wat volg daarop uitwei, en dat die HERE ons oë kan oopmaak. Ek wat vir jare hierdie dinge ken; en ek het u verlede keer gevra om twee van my boekies asseblief weer te lees, nie net om te lees nie maar om te bestudeer. Dit is die boekies wat ek geskryf het oor “Engele” en “Die Duiwel”.
Ek sal nie vra om u hande op te steek van dié van u wat dit gedoen het nie. Maar ek is seker daarvan, ek sal nie ‘n fout maak as ek sê, baie min van u het dit gedoen. Ons besef nie die stryd waarin ons gewikkel is nie. Ons besef nie wat in die wêreld aangaan nie. Ons besef dat in hierdie laaste dae, dit Satan se laaste poging is want hy weet sy tyd word kort. Hy het God se volk mislei, hy het ons in ‘n greep waarvan alleen die krag van God
(As ons God se woord ken en gehoorsaam) ons sal kan verlos.
Ek het al baie keer in hierdie ou kerkie gesê, as daar darem moet gesê word, as hier ‘n sirkus in die dorp is, een van die leeus het uit die sirkus ontsnap en is hier rond waar ons ou kerkie staan, dan sal u sien hoe die mense skarrel. Een van die eerste dinge sal wees: waar is my kinders, die leeu kan hulle vang en hulle weet nog nie eers daar is ‘n leeu los nie.
Hoeveel ouers sê waar is my kinders vandag? God se woord sê: “die duiwel gaan rond soos ‘n brullende leeu en kyk wie hy kan verskeur”. Waar is die waaksaamheid van ons ouers, bv. teenoor ons kinders. Daar is so baie maniere waarop hy te werk gaan.
7
Ons het ook al baie kere vir u gesê die formidabele opkoms van die Kommunisme in ‘n bestek van ‘n bietjie meer as 60 jaar, 63 jaar om presies te wees (Dit was in 1980). In 63 jaar het die Kommuniste meer volgelinge gemaak en gewerf as wat die Christendom reggekry het in 2,000 jaar. Binne 63 jaar het die Kommunisme gegroei vanaf ‘n handjie vol fanatieke volgelinge van Lenin tot vandag, as een van die magtigste lande in die wêreld.
As jy mooi daarna kyk is dit absoluut ‘n wonderwerk. Die wonderwerk van prestasies, ‘n wonderwerk van intrige, ‘n wonderwerk van bedrog, ‘n wonderwerk van absolute kullery en oë met blindheid geslaan en dat hulle dit reggekry het met selfs die Westerse Wêreld, self ons sogenaamde Christelike lande, ons sien dit hier in Suid Afrika. Ons sien dit die wêreld oor, dat hulle eintlik saamwerk. Jy kan dit nie verstaan dat hulle saamwerk vir hulle eie ondergang nie. Waar kom dit vandaan?
Openbaring sê dit is die geeste van die duiwels, wat uitgestuur word en uitgaan om die wêreld bymekaar te maak en voor te berei vir Armagéddon. Ons mense weet absoluut niks daarvan af nie. Nog nooit was die mens in ‘n meer meedoënlose stryd gewikkel nie. Die duiwel weet dis sy laaste kans; - - - -.
Ek lees hier vir u uit:
Openbaring 12:9-12;
9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel - - - -
(Die ou slang, hy word vgl met die duiwel)
9 - - - en Satan - - - -
(So, dis die ou slang wat genoem word die duiwel en Satan. Die duiwel wat rond gaan soos ‘n brullende leeu om te kyk wie hy kan verskeur. Die ou slang - en wat genoem word ‘duiwel’. Daarom kan u al klaar sien dit was nie ‘n slang wat vir Eva bedrieg het in die tuin van Eden nie, dit was die duiwel self).
Die oorspronklike Hebreeus wys vir ons die woord “nachash” waaruit hierdie woord “slang” vertaal was. Dit kan ook vertaal word as ‘n skynende, skitterende, betowerende wese. Dit is wat die duiwel was. Hy het vir Eva kom mislei as die pragtigste persoon, die pragtigste mans persoon wat nog ooit op die wêreld gestaan het.
Paulus skryf ook aan die Korinthiërs; hy sê die duiwel verander homself in die engel van die lig, en dit is wat hy gedoen het. Nou sê hy, die ou slang die Satan:
9 - - - - wat die hele wêreld verlei - - -
“wat die hele wêreld verlei”.
8
Ons mense het dit seker al baie in die Bybel gelees, ag, nou ja wat, dit is ‘n ou Bybel versie wat ek gelees het en as dit miskien ‘n Skriflesing was voordat u bed toe gegaan het om u gewete te sus, dan het u hom nou klaar gelees. Dit het geen indruk op u gemaak nie en geen ingang op u gemaak nie.
Die gevolg is, die duiwel gaan ongestoord voort en dit is ons vyand wat tot ons vernietiging werk – “wat die hele wêreld verlei”.
9 - - - - hy is neergewerp op die aarde - - - -
Nou sien ons, dit is nie net die duiwel nie maar hy het engele wat hom volg. Nou wys die Bybel vir ons, toe die duiwel in opstand teen God gekom het voor die grondlegging van die wêreld. Dit is nie net hy wat in opstand gekom het nie maar ‘n derde van die engele van God, het hy met hom saamgebring en hulle sy diensknegte gemaak. Dit wat ook in daardie gedeeltes was wat ek vanoggend na verwys het, wat ek netnou verder vir u oor sal toelig.
9 - - - - en sy engele is saam met hom neergewerp.
10 Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders - - - -
So hy is nie net die duiwel en Satan en verleier nie maar hy is die aanklaer van ons broeders.
- - - - is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.
So, die duiwel is ook ‘n aanklaer, dag en nag.
As u weer na die kasset luister wat ek ‘n paar jaar gelede gemaak het oor, “Wat ek vrees kom oor my”, (ook nou in ‘n boekie beskikbaar) dan sal u onthou dat ek in die besonderhede vir u verduidelik het, dat die duiwel die verleier, die versoeker is en hy is nog die teëstander; hy stel vir ons strikke en al hierdie dinge wat ek in daardie kasset / boekie behandel het.
Nadat hy jou dan verlei het en op die fynste manier; soos hy die skone Adam en Eva verlei het, wat vars uit die hand van God gekom het; wat nie ingebore sondes in hulle gehad het soos u en ek het nie, omdat ons in sonde gebore en ontvang is. Maar skoon en vars uit die hand van God!

MiniCalendar

May 2018
SMTWTFS
12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031

Shop

Visitors Counter

14076
TodayToday4
YesterdayYesterday47
This_WeekThis_Week112
This_MonthThis_Month1279
All_DaysAll_Days14076