Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 121

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

Ek lees met u saam uit ‘n baie belangrike gedeelte uit die HERE se woord naamlik:
Matthéüs 26:36-46;
Die Opskrif: - Jesus in Getsémané
‘n Baie bekende gedeelte maar mag die HERE met ons ook uit daardie gedeelte spreek.
36 TOE kom Jesus met hulle in ‘n plek met die naam van Getsémané, en Hy sê vir die dissipels: Sit hier onderwyl Ek daar gaan bid.
37 En Hy neem Petrus en die twee seuns van Sebedéüs saam en begin bedroef en benoud word.
38 Toe sê Hy vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My.
39 En Hy het ‘n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.
40 En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie?
41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
42 Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.
43 Toe kom Hy en vind hulle weer aan die slaap, want hulle oë was swaar.
44 En Hy het hulle met rus gelaat en weer vir die derde maal gaan bid en dieselfde woorde gesê.
45 Daarop kom Hy by sy dissipels en sê vir hulle: Slaap maar voort en rus. Kyk, die uur is naby, en die Seun van die mens word oorgelewer in die hande van sondaars.
46 Staan op, laat ons gaan; kyk, hy is naby wat My verraai.
Dit is ‘n baie bekende gedeelte hierdie maar die HERE het weereens met my baie sterk en baie hard gepraat; naamlik: Oor die gehoorsaamheid van onse Here Jesus.
Die gehoorsaamheid van onse Here Jesus – u sal vir my sê; maar prediker, dit is vanselfsprekend, Hy was dan die Seun van God. Sy gehoorsaamheid moet ons aanvaar. Maar, Hy was ook volkome mens, net soos u en ek, u sal vir my sê; prediker, dit glo ek ook en dit verstaan ek ook. Maar nou, wat ons miskien nie so maklik verstaan nie, of as ons dit verstaan, ons dit nie uitvoer nie.
4
Hier voel ek het die HERE weer opnuut met my, in die tydjie dat ek weg was, baie ernstig gepraat. Wat help dit as ek sê: “Here HERE, en ek doen nie wat Hy vir my sê nie”.
Wat help dit vir my as ek sê, ek glo in die Here Jesus en ek sit nie my arms om alles wat Hy vir my gedoen het;
alles wat Hy vir my is;
alles wat Hy vir my belowe het en ook;
alles wat Hy my beveel het, en ek sit nie my arms daarom nie?
Help dit vir my as ek sê ek glo in die Here Jesus en ek voel hier is iets waar die vyand, ook vandag in hierdie geweldige tyd van misleiding, waar daar ‘n geweldige stryd onder die kinders van die HERE is, dat die duiwel ook hier ons op ‘n baie subtiele manier gevang het en ook aan die slaap gesus het.
Dit is: Dat as dit nie direk vir ons gesê word nie, al is dit dikwels by implikasie, dit is so maklik om in die Here Jesus te glo. Ons moet hierdie saak baie goed verstaan, as ek sê - ek glo in die Here Jesus en ek doen nie wat Hy vir my sê nie. As ek sê ek glo in die Here Jesus, ek het aanvaar en ek ontvang nie alles wat Hy belowe het nie, glo ek nie in die Here Jesus nie.
As ek sê ek glo in die Here Jesus en ek doen nie wat Hy vir my sê nie, ek verander nie my lewe nie en my lewe word nie opgeneem in Hom nie dan glo ek nie werklik in die Here Jesus nie. My geloof moet sy resultate lewer. Ons noem ons self nog ‘n Christenland, ons sê nog ons veg vir die Christendom en is een van die redes wat vir ons gesê word en wat ons ook self sê; dit is daarom dat ons die Kommunisme en Terrorisme weerstaan.
Ons veg vir ons Christelike geloof, ons veg vir ons Christelike waardes. Maar wat is ons Christelike geloof? Wat is ons Christelike waardes? Ek voel hierin is die kern - gehoorsaamheid aan God! Die gehoorsaamheid, niks minder as wat ons Here Jesus self gehad het nie.
Hier in die tuin van Getsémané het die finale klimaks, “toets” gekom. Hier moes Hy die saak uitmaak, gaan Hy die wil van die Vader volbring of gaan Hy dit nie doen nie. Onthou, dat die Here Jesus, alhoewel Hy God was asook volkome mens en in die tydjie wat Hy op aarde was het Hy sy Goddelike gewaad uitgetrek en eenkant gelê en het hy op hierdie aarde gekom as ‘n mens.
Hy is gebore soos ‘n mens;
Hy was ‘n babatjie soos ‘n mens;
Hy was ‘n seuntjie soos ‘n mens gespeel soos ‘n seuntjie;
Hy was ‘n jongman soos ‘n mens;
Hy het sy manlike lewe ingegaan soos ‘n mens;
Hy het honger geword soos ‘n mens;
5
Hy het moeg geword soos ‘n mens;
Hy het hartseer geword soos ‘n mens.
En daarom toe Hy daar in die tuin van Getsémané was, toe moes Hy daar as mens; daardie toets deurstaan naamlik om die wil van die Vader te doen en dit het vir Hom duur gekos. Hy moes driekeer bid. Driekeer moes Hy bid.
Ons lees daar in:
En Hy het ‘n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: - - - - -
“Hy het op sy aangesig geval en gebid en gesê”
Dit is al klaar ‘n gebaar van uiterste wilsinspanning, ‘n gebaar van uiterste worsteling. Jy val nie sommer in hierdie sin, op jou aangesig as daar nie ‘n absolute worsteling is nie.
En Hy het gebid en gesê:
- - - - - My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.
Hier was die wil van die Seun opgestel teen die wil van die Vader.
Dit is ‘n belangrike saak vir u en vir my om te sien. As ek dit in ‘n aardse terme mag stel en u moet my werklikwaar hier in volg, dit klink baie plat en dit klink selfs oneerbiedig maar dit is die beste manier wat ek dit kan stel. Jesus was ten opsigte van die Vader (luister mooi, dit het dus ook op u en my betrekking) nie ‘n ja-broer nie. Hy was nie ‘n ja-pa nie. Die Here Jesus het sy eie wil gehad. Soos u en ek ons eie wil het. God het nie van ons pionne gemaak nie, God het ons nie aan die nek gevat en gesê nou maak jy soos Ek vir jou sê óf anders, nie. Ons kon besluit, Adam kon besluit, so kon elke mens besluit. So kon die tweede Adam – die Here Jesus, ook self besluit en het Hy sy “wil-worsteling” gehad.

MiniCalendar

April 2018
SMTWTFS
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930

Shop

Visitors Counter

12397
TodayToday30
YesterdayYesterday52
This_WeekThis_Week30
This_MonthThis_Month1158
All_DaysAll_Days12397