Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 37

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

 Inleiding
Ek gaan met u deel oor die Boek van Romeine, die sendbrief van Paulus aan die Romeine. Nou wil ek sommer van die staanspoor af vir u sê: Dit gaan harde werk wees; ons sal baie moet konsentreer om hierdie boek met u deur te gaan. Ek kan u die versekering gee, met die genade van die Here, gaan dit vir u die moeite werd wees. U sal sien, in die loop van hierdie Studie, hoe min die gewone persoon werklik weet wat die Apostel Paulus aan die Romeine geskryf het; hoe ‘n groot mistasting daar is in die gewone uitleg daarvan; in die mate waarin daaraan aandag gegee word. Dit sal vir my onmoontlik wees om in die volste besonderhede met u in te gaan op die agtergrond en die fondasie wat dit onderlê. Ek gaan aanneem dat dit by u bekend is wat ek nou vir u gaan noem, en as dit nie by u bekend is nie, dat u dit tog self sal ondersoek.
Ek neem aan die identiteit van die ware Israel is by u bekend. Ek kan nie met u daardie identiteit nou in sy volle besonderhede behandel nie, dan sal ons nooit eers by die boek van Romeine kom nie. Maar daar sal natuurlik heelwat daarvan hierin voorkom. Dit sal ook vir u baie ekstra lig op daardie saak werp. Daarom moet ek daar begin, en by wyse van inleiding moet ek met u tog ‘n paar aspekte behandel, voor ons werklik met Romeine self ‘n aanvang neem.
In die eerste instansie wil ek u daaraan herinner, wat seker by almal goed bekend is, dat ná die dood van koning Salomo, daar 'n skeuring plaasgevind het in die twaalf stamme van Israel.
Die Tien Stamme het weggeskeur van die huis van Dawid, en onder koning Jérobeam vir hulle 'n afsonderlike koninkryk gaan stig, met Samaría as hoofstad, wat van daardie tyd af bekend gestaan het as die noordelike koninkryk, of die huis van Israel, of, in baie opsigte sommer net Israel. Die Twee Stamme, naamlik Juda en Benjamin, saam met die Leviete, het getrou gebly aan die huis van Dawid, waarvan, op daardie oomblik van die skeuring, Rehábeam, die seun van Salomo, toe koning was. En hulle het gebly by Jerusalem as hoofstad, met die tempel daarin en so aan, en dat Rehábeam met geweld die Tien Stamme wou gaan dwing om terug te keer, maar dat die Here sy profeet gestuur het om vir Rehábeam te sê: Jy moet dit nie doen nie, want van My het hierdie saak gekom. U sal dit vind in 1 Koning 12:24 (as u dit nog nie teëgekom het nie) van My het hierdie saak gekom.
Nou, regdeur die Bybel, het daardie Tien Stamme as 'n geheel, nooit weer met die Twee Stamme herenig nie, en het hulle afsonderlik gebly tot vandag toe. Dit is van die uiterste belang vir ons begrip van die profetiese
boodskap van die Bybel; dit is vir ons van die uiterste belang vir die begrip van die betekenis van hierdie tyd waarin u en ek vandag in lewe. Liewe vriende, óf God se woord is lewendig, en God se woord het betekenis as Hy iets sê, óf ons kan dan maar ons Bybels toemaak en daarvan vergeet. Maar hierdie kwessie van om in 'n skemerlig te wandel aangaande God se woord; ons wil darem maar nie heeltemal die Bybel weggooi nie, maar ons kan hom ook nie heeltemal verstaan nie (om die waarheid te sê, die meeste van ons wil ook nie die moeite doen om dit te verstaan nie), daardie toestand kan nooit voortduur nie. Daardie toestand kan nie vir ons deurdra in hierdie krisistyd nie, alleen wanneer ons God se woord en sy boodskap ken, sal dit ons deurdra. Daarom sal dit vir ons van betekenis wees as ons besef in hierdie tyd, soos die Psalmis sê in Psalm 119:105, “U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad”.
Wanneer ons na ons Here Jesus se bediening kyk op aarde, toe het Hy onder andere vir sy dissipels hierdie woorde gesê in:
Matthéüs 10:5-8;
5 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie;
6 maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.
7 En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
8 Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.
Ek wil hê u moet mooi kyk wat Jesus gesê het: moenie gaan na die heidene nie, moenie ingaan na 'n stad van die Samaritane nie, maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.
Onthou wat ek vir u gesê het, reg in die begin. My eerste woorde was: Die Twaalf Stamme het van mekaar geskeur, Tien Stamme het weggeskeur, Jeróbeam koning gemaak, Samaría hulle hoofstad, en hulle het nooit weer teruggekeer nie. Dit is daardie Tien Stamme wat bekend geword het as die “huis van Israel”, of baie keer net “Israel”. Toe die Here Jesus vir sy dissipels gesê het: Julle moet na húlle toe gaan, moenie na die heidene toe gaan nie, moenie na die Samaritane toe gaan nie, maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel, was dit sy opdrag.
As ‘n opgestane Here Jesus dan vir ‘n Saulus van Tarsus, onthou, Paulus is die skrywer van hierdie brief aan die Romeine, en dit is wat ons met u gaan behandel, as die Here Jesus dan, in sy opstandingsheerlikheid aan ‘n Saulus van Tarsus verskyn op pad na Damaskus; waar hy toe Paulus
geword het, en dat hyself gesê het: Hy het aan so baie verskyn en laastens ook aan my, as die ontydige geborene, as die Here aan hom sy opdrag gee, sal die Here Jesus dan daardie opdrag anders maak?
As die opdrag aan hierdie twaalf dissipels, wat ook nog in Paulus se tyd gelewe het, dan was: Moenie gaan na die Samaritane nie, maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel, sal Hy vir Paulus ‘n ander opdrag gee?
Matthéüs 15:24; (waar die Here Jesus in gesprek was met die Kananése vrou, wat gekom het dat die Here haar kind moes gesond maak, toe sê die Here Jesus);
24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.
Hy het dit weer herhaal. Dit was die Here Jesus se sending, en dit is daardie opdrag wat Hy ook aan sy dissipels gegee het.
Wanneer ons nou gaan na:
Johannes 20:20-21; (dit is ná die Here Jesus se opstanding, en vóór sy hemelvaart, op een van sy besoeke aan sy dissipels in sy opstandingsliggaam, lees ons hierdie baie belangrike verse).
20 En nadat Hy dit gesê het, wys Hy hulle sy hande en sy sy. En die dissipels was bly toe hulle die Here sien.
21 Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.
“Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook”.
Wat het die Here Jesus vir die Kananése vrou gesê? Hy het gesê: “Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel”. Wie het vir Jesus gestuur? Die Vader het Hom gestuur. Nou stuur Hy sy dissipels, en Hy sê: “Soos die Vader My gestuur het, so stuur Ek julle”. Na wie toe stuur Hy hulle? Ons het gesien in Matthéüs 10, Hy stuur hulle na die verlore skape van die huis van Israel.
Liewe vriende, dit is belangrike sake hierdie. As ons dit miskyk, of ons misken en ignoreer dit, dan sal ons ‘n duur prys daarvoor betaal. Die westerse wêreld is besig om daardie prys daarvoor te betaal en God roep ons tot ‘n magtige ontwaking! Ons sien hierdie selfde gedagte en hierdie selfde boodskap ook in Handelinge 15:13-17. Dit is waar die gemeente in Jerusalem byeengekom het onder die voorsitterskap van die Apostel Jakobus om ‘n belangrike uitspraak te gee in verband met die sendingwerk van daardie tyd. “En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en sê, - (hy was die voorsitter, en hy gee nou die opsomming en die uitspraak), Broeders, luister na my!. Simeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem”.

Indien u hierdie boek wil bestel - kontak Monique : ekklesiakassetfonds.neser@gmail.com

MiniCalendar

November 2017
SMTWTFS
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930

Visitors Counter

4100
TodayToday25
YesterdayYesterday36
This_WeekThis_Week199
This_MonthThis_Month723
All_DaysAll_Days4100