Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 172

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

Die Rede Waarom Pastoor Neser Die Boekie :
“Apartheid Wat Sê Die Skrif” Geskryf Het. (Segregasie)
Inligting verkry uit ‘n “Bosberaad vergadering” gehou in 1995.
Pastoor Neser het die boekie “Apartheid wat sê die Skrif”? geskryf in 1955. Dit was in die tyd toe die Suid Afrikaanse predikante ‘n afranseling gekry het tydens die vergadering van die Wêreldraad van Kerke. Hulle was verdoem en in die grond vertrap oor die wreedheid van die Apartheidsbeleid – ‘n Broederlike afranseling kon dit genoem word.
Pastoor Neser se woorde:
“Toe hulle op die lughawe arriveer op ‘n reënerige dag, het hulle behoorlik gelyk asof hulle die kous oor die kop getrek is. Ek het hulle so jammer gekry en besef dat hulle niks gehad het waarmee hulle hulself kon verdedig nie – omdat hulle nie geweet het wie Israel is nie.
Ek het gebid en gesê: “HERE, is daar dan niemand om hierdie saak te verdedig wat vir die wêreld kan sê wat Apartheid werklik beteken nie? – soos wat Verwoerd dit bedoel het. Maar ek het besef dat ek nie ‘n lang artikel kon skryf nie – dit moes iets algemeen wees en kortliks anders sou niemand dit lees nie. Van ons teenstanders het op onetiese manier die geskrif gebruik om Ekklesia mee te ondermyn. Dit sou goed gewees het as die knelpunte breedvoerig verduidelik kon word. Wat is die Evangelie? Dit is nie net ‘n kwessie van die hel te ontvlug en hemele toe te gaan nie.
Die ware Evangelie is die ganse Godsplan met die wêreld en om dit wat Adam verloor het te herwin, om weer mense in die gestalte van Adam (voor die sondeval) op aarde te herstel, om die beeld van God weer in die mens te herwin.
Daarom moes Jesus die tweede Adam kom om die volle prys vir ons skuld en straf te betaal. Om die saad wat verlore geraak het te herwin. Die meerderheid kon egter nie herwin word nie, dis die onkruid, wat altyd in die meerderheid is.
Maar niemand moet kan sê dat hulle nie ‘n kans gegun was nie of dat hulle nooit die waarheid gehoor het nie. Soos bv. diegene wat nie van Israel is nie maar wel van die regte saad dat hulle getrek kon word en na die lig van die Evangelie toe kon kom.
4
Ons moes die lig wees wat hulle sou trek. As die Evangelie dus uit die staanspoor korrek verkondig was (natuurlik is die redding van siele belangrik en die verandering van ons harte), maar ook van die Gods Administrasie van die aarde. En dat gesê moes word wat die sondeval werklik behels en wat die gevolg daarvan was. Ook van die vreemde saad wat op aarde verskyn het en dat Satan vir homself ‘n koninkryk daardeur gestig het met mense wat daaraan behoort.
Ek sien dit as die volle Evangelie: as hierdie dinge van die begin af gesê was, sou ons nie vandag in hierdie situasie gesit het waarin ons nou is nie, ook nie op politieke gebied nie. Die onkruid kan nie herwin word (gered word) nie. Maar ons moenie diesulkes wat buite Israel is en gered kan word, verhinder nie. Om moet sulkes die regte lering (Evangelie) kan gee.
Hierdie volk moes Sy naam oor die hele aarde verheerlik. God het nie behae in die dood van ‘n sondaar nie, maar ons moet die ware Evangelie definieer.
F.W.C. NESER
5
Segregasie – Wat sê die Skrif?
Ons lees in die Bybel hierdie uiters belangrike teks:
“My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis- - - - - ” - (Hos. 4:6).
Ons lewe in ‘n tyd van verwarring soos seker nog nooit tevore nie. Magtige strominge sleur ons mee, die een in die rigting, die ander weer in die ander. Die skrywer is diep in sy hart oortuig dat dit nie so behoort te wees nie, maar dat daar vir ons ‘n stem opklink wat sê:
“- - - - Dit is die weg, wandel daarop! - - - - - - ” - (Jes. 30:21).
Ons glo dat die Bybel letterlik die Woord van God is, betroubaar en eg vanaf Génesis tot Openbaring. Dit is vir ons die finale hof waarop ons, ons beroep. Die Bybel is die openbaring van die Wil en Plan van God. God het nie net sy wil vir ons bekendgemaak wat die hiernamaals betref nie, maar stel ook uiters belang in ons alledaagse lewe, hoe ons eet, aantrek ensovoorts.
Daar sal dus vir ons baie duidelik leiding wees in die Heilige Skrif aangaande die uiters belangrike vraag van “kleur” dwarsoor die wêreld en veral in ons eie land. God het alles geskape en per slot van sake heers en regeer Hy oor alles. Die Bybel sê:
“So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete - - - - -” - (Jes. 66:1).
Ons moet daardie leiding ken en dienooreenkomstig ons standpunt inneem.
Die Here het met alles ‘n doel, so ook met die verskil in kleur. Dwarsdeur die Bybel word dit baie gou duidelik dat daar een Sentrale Persoon in die Plan van God te voorskyn tree en Hy is Jesus Christus, en dat daar een Sentrale Tema is en dit is die Herstel en Wederoprigting van alle dinge - (Sien Hand. 3:21).
Tussen Génesis en Openbaring lees ons die verhaal van hoedat die Paradys verloor is en hoedat dit herwin gaan word, ‘n Groot deel van hierdie Plan is alreeds vervul, ‘n ander deel is nou besig om vervul te word. Ons bevind onsself op hierdie oomblik in die mees spannende en uitdagende tydstip van alle tye.
I
n hierdie verhaal is dit baie duidelik dat God die mens ‘n vennoot in hierdie groot onderneming van rekonstruksie en die herwinning van dit wat verlore was, gemaak het. In die besonder vind ons dat daar een ras is wat baie prominent in hierdie vennootskap op die voorgrond tree, en dit is Israel.
6
Na die dood van Salomo is hierdie ras in twee huise verdeel, die Huis van Juda met die twee stamme Juda en Benjamin, en die Huis van Israel met die orige tien stamme van die twaalf stamme van Israel. Nêrens in die Bybel lees ons dat die twee huise ooit weer herenig is nie.
Inteendeel, as ons Eségiël hoofstuk 37 lees, wat praat van die herstel en herlewing van Israel in die laaste dae, sien ons duidelik dat die twee nog afsonderlik van mekaar en elkeen met sy eie identiteit in die wêreld moet wees, tot aan die einde, met die wederkoms van Christus.
Nadat die Jode, wat gedeeltelik afkomstig van die Huis van Juda is, vir Christus verwerp het, het die Here hulle aandeel in die Plan van Herstel van hulle weggeneem en voortaan sou net die Tien Stamme deur God gebruik word om sy werk te doen.
Luister, die Here Jesus het vir die Jode gesê:
“- - - - Die Koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra” - (Matt. 21:43).
Ons glo dat hierdie volk die Tien Stamme is, wat vroeg na die Kruisiging van Jesus die evangelie begin aanneem en Christene geword het. Dit moes so wees want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik - (Rom. 11:29). God het dit aan Abraham en sy nageslag met ‘n onvoorwaardelike eed beloof, en as dit dan van die Jode weggeneem is - (Mat. 21:43), dan moes dit noodwendig na die ander deel van Israel, die Tien Stamme, gaan. Hierdie Tien Stamme glo ons, se nakomelinge vandag is die Anglo- Saksies- Keltiese- en verwante nasies, waarvan ons blankes in Suid-Afrika ‘n deel is.
Laat ons dan nou kyk na die wonderbaarlike beloftes wat God aan Abraham en sy nageslag en aan niemand anders gemaak het; hoedat God hulle streng beveel het om hulle ras suiwer te hou en waarom:
Génesis 12:1-3;
1 En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.
2 En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak dat jy ‘n seën sal wees.
3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek, en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

MiniCalendar

July 2018
SMTWTFS
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031

Shop

Visitors Counter

18930
TodayToday2
YesterdayYesterday61
This_WeekThis_Week372
This_MonthThis_Month1559
All_DaysAll_Days18930