Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 35

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

Vriende, soos dan vir u afgekondig, begin ons vanaand met die eerste van ons reeks inverband met “Wat is die toekoms vir Suid Afrika.” En vanaand meer in die besonder, wat is die Christendom se toekoms. En ek wil met u ‘n kort gedeelte uit die HERE se Woord lees en my Skriflesing wil ek neem uit:
1 Thessalonicense 5:1-11;
1 MAAR oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;
2 want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.
3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid - dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
4 Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.
5 Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
6 Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
7 Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.
8 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.
9 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
10 wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.
11 Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
Ek lees vir u weer die derde vers.
“Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid - dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou - - - -”.
Liewe toehoorders, wêreldgebeure staan onder die dwang van ‘n onstuitbare momentum en ‘n onkeerbare dwang. Niks in hierdie wêreld het groter krag as ‘n profesie waarvan die tyd van vervulling aangebreek het nie. Ons glo daar is magtige dinge wat geprofeteer is vir hierdie tyd waarin
5
ons lewe en niks gaan dit keer nie, en niks gaan dit stuit nie. En wanneer ons so na die wêreld kyk en ons kyk na elke openbare uiting, of dit op kerklike gebied is, en of dit op politieke gebied is, of ekonomiese gebied, of op watter gebied ook al, dan is daar ‘n neiging en daar is ‘n vertolking van God se Woord wat eeue gelede ‘n verkeerde koers ingeslaan het.
‘n Liberale koers en heeltemal ‘n misleidende koers wat ons beide in die kerk en in die politiek absoluut onvoorbereid en ontoegerus gemaak het vir hierdie klimaks tyd waarin ons lewe, en daarom is dit so belangrik dat u na hierdie saak sal luister soos ons dit vir u stel. Ek gaan vanaand en in hierdie drie aande, gaan ek groot dinge vir u sê en ek wil hê u moet waarlikwaar nugter daaroor dink.
Liewe vriende ons lewe in ‘n sensitiewe, en in ‘n emosionele tyd. Ons lewe in ‘n tyd waar daar baie maklik geskree word “rassisme!” in baie van hierdie slagkrete. Maar ons moet baie mooi kyk, het die Bybel nie werklik ‘n ras wat God uitverkies het nie! Mense praat tot vandag toe nog oor die algemeen van die uitverkore nasie of die uitverkore ras en dan bedoel hy natuurlik daarby die Jood. Nog nooit het ons gehoor dat iemand ooit daaroor geskree het nie.
Maar as jy dan kom in hierdie tyd, en jy neem God se Woord en jy vra mense: “Dink tog net ‘n bietjie nugter en dink tog net ‘n bietjie kalm vir ‘n paar oomblikke dat ons met julle kan praat; sodat julle,,julle emosie, julle verstand laat oorrompel en ons sê vir hulle kom ons kyk ‘n bietjie of dit werklik die Jood is wat die uitverkore volk of ras is. As dit dan nie die Jood is nie en die Bybel praat van ‘n uitverkore volk, wie is dan daardie volk? Veral as vir daardie volk ‘n eindbestemming toegesê is en dat daardie eindbestemming vandag is.
Dit is van die uiterste belang en dit is ook logies om te verstaan dat die duiwel God se plan wil dwarsboom. In hierdie Godsplan het die uitverkore ras ‘n prominente posisie wat vir die duiwel mikpunt en teiken nommer een sal wees! Sy teiken nommer een sal dan natuurlik wees as hy dan hierdie uitverkore ras kan elimineer, as hy hom kan uitwis dan het hy die totale Godsplan omvergewerp, en het hy dan in sy doel geslaag, en dit is in baie min woorde die opsomming van die betekenis van hierdie hele tyd waarin ons vanaand lewe.

MiniCalendar

November 2017
SMTWTFS
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930

Visitors Counter

4100
TodayToday25
YesterdayYesterday36
This_WeekThis_Week199
This_MonthThis_Month723
All_DaysAll_Days4100