Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 223

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

 Hierdie pamflet is 12 jaar gelede geskryf, maar die feite wat hierin weergegee word is vandag nog net so waar as toe dit geskryf was. Die verloop van wêreldgebeure sedertdien het dit nog net meer bevestig, en bewys hoe waar dit is en hoe naby die Kommunisme aan sy einddoel, naamlik wêreldoorheersing, is.
In hierdie herdruk is al die persoonsname soos die van Stalin ens. onveranderd gelaat, want die name kom en gaan maar die feite bly onveranderd staan.
Daar word vandag die hele wêreld oor baie gepraat oor die Kommunisme.
Ons sal seker nie ‘n enkele persoon in die beskaafde wêreld aantref wat nog nie die woord gehoor het nie. Maar die vraag is hoeveel van ons weet nou werklik wat dit is?
Hoeveel sal vir u ‘n intelligente antwoord kan gee op die vraag:
Wat is Kommunisme?
Die doel van hierdie artikel is om u te help om daardie vraag te kan beantwoord. Dit gaan geen aanspraak maak op ‘n diepgaande studie nie, maar net genoeg feite voor u lê om aan u te toon dat ons met niks minder as die magte van die Hel in menslike gedaante te doen het. Hierdie vyand is nie meer daar ver nie, maar alreeds in ons midde en so fyn ge-organiseer en so strategies geplaas dat dit vir ons in so ‘n benarde posisie stel dat alleen die genade van God ons daaruit kan red.
Dis ‘n saak hierdie wat ver bokant enige politieke aspek uitstyg, en waaraan ‘n politieke party van watter aard ookal, weinig kan doen. Kommunisme staan direk onder beheer van die duiwel self, en ons kan hom alleen beveg deur in alle ootmoed - die hele volk - in massa op ons knieë te gaan en God te smeek om in genade in te gryp. Die saak is te ver heen, die mens kan daar niks meer aan doen nie.
Laat ons ag gee op wat die Heer in Joël 2:15-17 sê, dit het op ons betrekking, in hierdie dae.
Joël 2:15-17;
15 Blaas die basuin op Sion, heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam!
16 Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.
17 Laat die priesters, die dienaars van die HERE, tussen die voorportaal ween en sê: o HERE, spaar u volk, en gee u erfdeel nie oor aan smaadheid, dat die nasies met hulle spot nie; waarom sou hulle onder die volke sê: Waar is hulle God?
Alle Kommunisme, van watter aard ookal, of dit van Stalinistiese oorsprong of
van die nuwe Tito tipe is, verwerp beslis enige godsdiens of geloof. Karel Marx, die vader van die moderne Kommunisme, het enige denkbeeld van God soos gehuldig deur Christen of Jood geheel-en-al verwerp. Kommunisme is dus die direkte teenoorgestelde van die Christelike geloof, en dit is dan ook die uitgesproke doel van die Kommunisme om die Christelike geloof weg te veeg vanaf die aarde! Dit is wat sal gebeur as hulle die oorhand kry -- dit vind alreeds plaas in al die lande wat deur Rusland ingepalm is.
Ander verskille is dit:
a) Die Christen glo dat die mense geskape is deur God.
Die Kommunisme glo dat die mens ‘n neweproduk is van die ewolusie proses van die materie.
b) Die Christen glo dat die mens gesondig het teen God en sodoende vervreemd is van God en dat hy alleen versoen kan raak deur geloof in Jesus Christus.
Die Kommunis glo nie aan die sondeval nie, en glo dat die mens sy eie saligmaker is.
c) Die Christen glo dat die wêreld in sy huidige sondige toestand onvolmaak is, en dat dit sal verander in ‘n nuwe wêreld waarin geregtigheid woon.
2 Petrus 3:13;
Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon
Matthéüs 5:6;
Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.
Die Kommunis glo dat daar geen hiernamaals is nie, en dat die dood die einde van alles is;
d) Die Christen glo dat, in ooreenstemming met die Onse Vader, die Koninkryk van God uiteindelik hier op aarde gevestig en alles herskep sal word.
Die Kommunis glo dat die volmaakte sosiale toestand geskep sal word deur ‘n bloedige rewolusie en ‘n Kommunistiese diktatorskap.

Indien u hierdie boek wil bestel - kontak Monique : ekklesiakassetfonds.neser@gmail.com

MiniCalendar

November 2018
SMTWTFS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Shop

Visitors Counter

29452
TodayToday64
YesterdayYesterday88
This_WeekThis_Week443
This_MonthThis_Month1474
All_DaysAll_Days29452