Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 33

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

Kom ons lees saam uit die woord van die HERE. 2 Korinthiërs 4:1-18;
Opskrif:
Jesus Christus die enigste onderwerp van die prediking van Paulus.
1 DAAROM, aangesien ons hierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ons ontvang het, gee ons die nie moed op nie.
2 Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons, ons by elke menslike gewete voor God aan.
3 Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,
4 naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
(King James Version: Verse 4 in whom the god of this world hath blinded the minds of them which believe not, lest the light of the glorious gospel of Christ, who is the image of God, should shine unto them.)
5 Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil.
6 Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn - dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.
7 Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.
8 In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie;
9 vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie.
10 Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.
11 Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word.
12 So werk die dood dan in ons, maar die lewe in julle.
13 En omdat ons dieselfde Gees van die geloof het - soos geskrywe is: Ek het geglo daarom het ek gespreek - glo ons ook, daarom spreek ons ook.
4
14 Want ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook deur Jesus sal opwek en saam met julle voor Hom sal stel.
15 Want dit is alles om julle ontwil, sodat die genade, wat groter geword het deur so baie mense, die danksegging oorvloedig kan maak tot die heerlikheid van God.
16 DAAROM gee ons die moed nie op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe.
17 Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, werk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;
18 omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
Mag die HERE sy woord aan onse harte ryklik seën. Geliefdes, ek wil met u praat oor die verblinding van sinne!
“Die verblinding van sinne!”
Hoe ‘n mens blind gemaak word, nie met jou natuurlike oë nie, maar blind in jou gedagtes, blind in jou geestelike uitkyk!
Dit is ‘n baie ernstige boodskap en dit het op elkeen van u en my ‘n baie direkte betrekking. Daarom wil ek met u weer daardie vierde vers lees en kom ons lees ook die derde vers:
2 Korinthiërs 4:3-4;
3 Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,
4 naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van Christus wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
Nou die 1933 vertaling is die woord “god van hierdie wêreld” met ‘n hoofletter geskrywe, dit is verkeerd; dit bedoel nie die lewende God wat ons sinne verblind het nie; dit beteken die god van hierdie wêreld - die Satan. (soos op die vorige bladsy reeds vir u gewys is uit die KJV)
Dit is hier waar die gevaar lê as jy nie glo nie. Jy staan dan baie direk in die gevaar as jy nie glo dat die duiwel, wat die god van hierdie wêreld is, jou sinne sal verblind nie. En geliefdes u weet self hoe hulpeloos ‘n blinde persoon is. U net seker ook al baie keer so gemaak. Ek het al partykeer my oë toegemaak, en my self probeer voorstel; (veral omdat ons self soveel jare saam met ouma Maritz in die huis gelewe het wat blind was, en dat jy dan baie keer ‘n blinde mens nie kan verstaan nie, het ek dan vir ‘n rukkie my oë toegemaak en myself probeer inlewe hoe dit met my sal wees
5
as ek nie kan sien nie! Hoe jy hier oor ‘n stoel sal val, jou daar in ‘n muur sal vas loop, hier ‘n koppie sal breek, daar ‘n glas sal laat val, en al daardie dinge. ‘n Blinde persoon is ‘n hulpelose persoon.
Dit is tragies wanneer dit in jou fisiese liggaam is, maar dit is oneindig meer rampspoedig wanneer dit in jou gees is en daarom het die HERE vir ons ‘n waarskuwing! En ek het iets anders gesien. Ek het vir jare in my lewe gedink, dat dit bedoel nou hierdie “verblinding van sinne van dié wat verlore gaan en die ongelowiges in die wêreld”.
Ek het gereken dis nou maar net die sondaar, dit is nou maar net die absolute goddelose. Hy gaan in elk geval tog maar hel toe, so as hy blind is, wat se saak maak dit as hy dan oor die afgrond stort, nou ja, dan stort hy maar oor die afgrond, hy wil mos nou nie luister nie, hy wil mos nie die evangelie aanneem nie.
Maar, die HERE het vir my gewys dis baie meer ernstiger as dit! Dit het elke dag en elke oomblik op u en my betrekking, as gelowige. Want elke keer wanneer ek as gelowige, ongelowig optree, is ek ook ongelowig, en stel ek myself bloot aan ‘n verblinding van sinne.
Dit is wat die HERE vir my gewys het!
Dít is die gevaar wat ek met u oor wil praat. Geloof is nie ‘n gevoel nie!
Geloof is ‘n beginsel!
Elkeen van ons “voel” soms meer gelowig, as op ander kere. Jy “voel” soms “nader” aan die HERE die een keer, en “verder” van die HERE op ‘n ander keer. Jy staan partykeer vroeg in die môre op, wanneer die dou nog op die gras is en die dag net besig is om te ontwaak, jy kyk miskien na die majesteit van die son wat opkom, en daar kom ‘n gevoel oor jou, jy is naby aan die HERE. O, en dan wil jy sommer net bid en die HERE prys, en nou dink jy, jy is wonderlik gelowig. Dank God vir sulke oomblikke in jou lewe! Maar daar is ander oomblikke; miskien in ‘n tyd van teleurstelling of waar die ou wêreld maar vaal lyk, dan “voel” jy maar baie keer so ongelowig soos ‘n ongelowige, “ware geloof” vir God is nie daardie gevoel nie!
Geloof is ‘n beginsel!
‘n Gevoel verander, maar ‘n beginsel verander nooit nie, en daarom as ek ‘n gelowige is, moet ek volgens beginsel beweeg! Moet ek doelbewus volgens beginsel beweeg.
Ons het al met u gepraat in ‘n vorige boodskap, dat Jesus gesê het:
“Ons moet van Hom kom leer, dat Hy sagmoedig en nederig van hart is, en dan sal ons rus vind vir onse siele! Ons het gehoor hoedat Jesus gesê het Hy doen niks tensy Hy die Vader dit sien doen nie.
6
Nou kan u gerus wanneer u die evangelies lees en u lees van Jesus se omwandeling op aarde, moet u mooi kyk hoe doelbewus Jesus beweeg het. Elke daad wat Hy gedoen het, elke stap wat Hy geneem het, elke rigting wat Hy ingeslaan het, het Hy doelbewus, geloof gerig gedoen!
(soos bv. vir daardie vrou by die put van Samaría)
Hy het nie maar sommer per toeval daar aangeland nie. Die Vader het Hom gelei om daar te wees, op daardie tyd, omdat Hy gekom het om ‘n taak op aarde te verrig. Omdat Hy gekom het om die wil van die Vader te doen het Hy sy hart ingestel op ‘n fyn, doelgerigte omwandeling met die Vader.
Is u ‘n gelowige? Dan sal u seker vir my sê “ja”. Maar dan vra ek vir u: “Is elke oomblik van u lewe wanneer u wakker is, is jou lewe doelgerig? Is dit ingerig volgens jou geloof?”
Paulus skryf aan die Romeine, (luister mooi dis ‘n ou teksie wat u ken en maklik “oor” sal lees.
Romeine 14:23;
“ - - - - en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.

MiniCalendar

November 2017
SMTWTFS
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930

Visitors Counter

4100
TodayToday25
YesterdayYesterday36
This_WeekThis_Week199
This_MonthThis_Month723
All_DaysAll_Days4100