Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 190

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

Inleiding
Reeds in die vroeë 1980 het ek begin besef dat die Kerke nie die waarheid oor
die uitverkiesing en afsondering van Israel as God se volk verkondig nie. My
standpunt dat die Jode nie Israel is nie en dat die Kerk nie die bruid van Christus
kan wees nie, het egter ‘n afkeurende reaksie by kennisse en vriende tot gevolg
gehad.
Nadat ek in 1989 met vervroegde aftrede EVKOM se diens verlaat het, het ek in
alle erns begin om die Bybel te bestudeer. Tydens hierdie studies het ek ook vier
boeke gelees wat deur Pastoor F.W.C. Neser geskryf is, getitel: “Die Boek van
Daniël”, Die Boek van Openbaring”, “Israel in die Nuwe Testamant” en “Die
Verlore Tein Stamme van Israel”.
Kennismaking met Pastoor Frikkie Neser
Gedurende 1990 het daar by my ‘n behoefte ontstaan om Pastoor Neser
persoonlik te ontmoet. So het dit dan gekom dat ek gedurende Augustus 1990
met hom in aanraking gekom het en hom by sy woning gaan besoek het waar ek
op gulle wyse deur hom en sy eggenote, Louie, ontvang is. Vir my was dit ‘n
besondere geleentheid en ek sal daardie dag altyd met dankbaarheid in die
geheue roep. Wie, dan, is hierdie man wat aan my as ‘n rassistiese en
verdwaalde prediker deur sommige van my vriende voorgehou is?
Deel B.
Biografie
1. Frikkie Neser se Ouers
Frikkie se vader, Johann Adriaan Neser, is in 1887 in Colesbergdistrik van die
Kaapkolonie gebore. Op een of ander stadium het die Nesers na die suide van
die Vrystaat verhuis waar sy vader mettertyd op die plaas Rietputsdam (distrik
Fauresmith) gaan boer het.
Die plaas Rietputsdam is geleë by Bellumstasie op die spoorlyn tussen
Fauresmith en Koffiefontein. “Bellum” is die Latynse woord vir oorlog en die
stasienaam verwys na die veldslag wat tydens die Anglo-Boereoorlog daar
plaasgevind het. Die veldslae van dié omgewing is interessant en verdien om
kortliks vermeld te word. Vanaf Julie 1901 het die Britse magte sowat 20
leërafdelings in die suidwes Vrystaat ontplooi om genl. J B M Hertzog te probeer
vastrek.
Op daardie stadium was Genl. Hertzog President Steyn se hoof raadgewer. Die
Engelse was bewus dat Genl. Hertzog saam met Genl. De Wet die krag agter
5
President Steyn (en dus die Vrystaat) se verset teen oorgawe was. Hulle het dus
alles in die stryd gewerp om hierdie twee generaals vas te trek. Genl. Hertzog se
operasionele gebied was die Wes-Vrystaat en die van Genl. De Wet die Oos-
Vrystaat. Alhoewel Genl. Hertzog se ontvlugtingssaga glad nie so bekend is as
die van Genl. De Wet nie, was dit tog net so roemryk gedurende die tydperk Julie
tot Oktober 1901. ‘n Hele aantal belangrike veldslae is onder bevel van Genl.
Hertzog gelewer, waaronder Heuningneskop (21-8-1901), Brandkraal (2-10-
1901), Rietputsdam (4-10-1901) waarna Bellumstasie vernoem is, Rust-en-Vrede
(5-10-1901) en Sendelingfontein (19-10-1901). Net soos in die geval van Genl.
De Wet kon die Britse magte nie daarin slaag om Genl. Hertzog vas te trek nie.
Frikkie se moeder was ‘n nooi Louisa du Toit. As gebore Vrystater moes sy as
jong kind saam met haar moeder die verskrikking van die konsentrasiekampe
verduur. Na die Anglo-Boereoorlog het die Du Toits op die plaas Kalabasdrift in
die omgewing van Fauresmith gaan boer. Kalabasdrift is digby die
Kalkfonteindam geleë.
Die vroeë 1900’s was bitter moeilike jare - vernaamlik vir die plaasboere. Die
verplettering van die Tweede Vryheidsoorlog kon nog nie eers te bowe gekom
word nie toe die 1914 Rebellie en die land se deelname aan die Eerste
Wêreldoorlog volg. In 1922 stort die goudprys in duie met die Randse Opstand
wat daarop volg. In 1929 is daar die groot depressie wat in 1933 deur die groot
droogte gevolg word.
Dit dan is kortliks die milieu waarin die jonge Frikkie Neser sou grootword.
2. Frikkie Neser se Kinderjare - 1918 tot 1936
Frederick Wilhelm Cornelius (Frikkie) Neser is op 23 April 1918 te Fauresmith
gebore. Sy hele laerskool opleiding ontvang hy aan ‘n plaasskooltjie bestaande
uit een klaskamer geleë by Bellumspoorwegstasie. Hy was gelukkig genoeg om
skool toe te kon stap, terwyl die meeste ander kinders wat verder van die skool
woonagtig was met donkiekarretjies oor die weg moes kom. Dit is interessant om
te weet dat dit in daardie jare gebruiklik was vir die Skoolraad om hierdie
vervoermiddel aan ouers beskikbaar te stel.
Mej. Van Niekerk was Frikkie se eerste onderwyseres, gevolg deur mnr. Foster
waarna sy moeder se suster, mej. Carolina du Toit, die skool behartig het. Frikkie
se hoërskool loopbaan (in daardie dae vanaf standerd 7) het hy by die
Fauresmith Hoërskool deurloop. Hier het hy in die koshuis tuisgegaan. Tydens
Frikkie se laerskooldae was dit nie vir hom moontlik om die Sondagskool by te
woon nie. Dit was eers toe hy na die hoërskool is dat hy hierdie geleentheid
gehad het.
In die rustige atmosfeer van die plaas was daar menige ‘n nag wat Frikkie
homself kon verlustig aan die wonder van die skepping soos wat mens dit by
uitnemendheid daar in die pragtige skoon lug van die wye Vrystaatse vlaktes kon
6
waarneem. Die groot waarheid dat die mens die kroon op God se wonderlike
skepping is, het gou tot die jeugdige Frikkie deurgedring.
Op die plaas was daar baie werkies om te doen - en dit was lekker om te werk
want daar was mos geen alledaagse vermaak om die ledige uurtjies te verwyl nie.
Gewone leesstof was skaars, dog die jonge Frikkie het toe sy vrye tyd benut om
die Bybel te bestudeer. Hy moes nog van die ou Hollandse Bybel gebruik maak
totdat hy die eerste Afrikaanse Bybel in 1935 gekry het.
In die dertigerjare het Frikkie se vader baie sieklik geword. Dit was juis
gedurende die droogte- en depressiejare wat dit gebeur het, met die gevolg dat
die Nesers baie beproewinge moes deurleef. Frikkie het baie medelye met sy
ouers gehad. Waarskynlik was dit juis hierdie beproewinge wat daartoe bygedra
het om sy jeugdige waarnemingsvermoëns te verskerp.
Frikkie het reeds op vroeë ouderdom besef dat God baie beloftes van ‘n bepaalde
aard aan ‘n bepaalde volk, naamlik Israel, gemaak het. Voorts het hy ook tot die
besef gekom dat die volk Israel (d.w.s. die nasate van die Huis van Jakob) nie die
Jode is of ooit geword het nie. Hy het duidelik gesien dat hierdie beloftes van ‘n
ewigdurende aard is en dat dit terselfdertyd oor aktuele sake handel wat
soortgelyk is aan dit wat sy gesin in daardie moeilike jare beleef het. Frikkie het
gevoel dat die Bybel dit baie duidelik openbaar dat God hierdie volk van hom die
versekering gee dat droogtes, veevrekte, siektes en swaarkry alleenlik hulle lot
sal wees indien hulle Sy bevele nie gehoorsaam nie en in Sy wet nie wandel nie.
Dikwels het Frikkie hierdie dinge met sy vader bespreek en op ‘n keer aan hom
gesê: “Kyk hoe volmaak beweeg al die hemelliggame deur die heelal. Ons
behoort ook in soortgelyke harmonie te verkeer indien ons aan God se
verordeninge gehoorsaam is”.
3. Studie aan die Universiteit - 1937 tot 1939
In 1936 het Frikkie Neser gematrikuleer met onderskeidings in Wiskunde en
Chemie. Hy wou graag verder studeer maar was nie seker watter rigting om te
kies nie. Op daardie tydstip was die Kalkfonteindam in aanbou en aangesien die
dam nie ver van Rietputsdam geleë is nie het Frikkie besluit om by die Resident
Ingenieur, ‘n mnr. Levinkind, om raad in verband met studierigtings te gaan
aanklop. Op die persoon se advies het Frikkie toe in 1937 by die Universiteit van
Kaapstad in die siviele ingenieurswese gaan studeer.
Gedurende die eerste studiejaar het hy besef dat hy nie in hierdie rigting aard nie
aangesien hy nie prakties genoeg aangelê is nie. Ook het hy baie moeite
ondervind om die professore, wat meestal Skotte was, se lesings te volg. Frikkie
het toe die volgende jaar, 1938, na die Universiteit van Stellenbosch gegaan waar
hy die B.Sc. Graad in Wiskunde en Fisika in 1939 verwerf het.

MiniCalendar

May 2018
SMTWTFS
12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031

Shop

Visitors Counter

14062
TodayToday37
YesterdayYesterday61
This_WeekThis_Week98
This_MonthThis_Month1265
All_DaysAll_Days14062