Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 212

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

1 Thessalonicense 4:13-18;
Oor die opstanding uit die dode en die wederkoms van Christus.
13 MAAR, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.
14 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.
15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vόόr wees nie.
16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met die geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
1 Thessalonicense 5:1-11;
1 MAAR oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;
2 want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.
3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid – dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
4 Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.
5 Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
6 Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
7 Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.
8 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.
9 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
10 wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.
4
11 Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
1 Thess. 4:18, - Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
1 Thess. 5:11, - Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
Bemoedig (versterk) mekaar in ‘n tyd soos hierdie!
U sal oplet in bogenoemde twee verse het ons presies daardie woorde in sy betekenis van: - Bemoedig (“versterk”) mekaar in ‘n tyd soos hierdie!
Ons begin die gevare al nader sien kom!
As ons die sendbriewe lees, besef baie min van ons volk dat hierdie briewe geskrywe is in ‘n tyd toe die kerk deur ‘n tydperk van intense martelaarskap gegaan het. Dat dit ‘n tyd was waarin die mense gesterf het vir hulle geloof. Dat dit ‘n tyd was waarin die Christelike geloof ‘n verbode geloof was.
Dat op daardie klompie Christene jag gemaak was, dat hulle vir die wilde diere gegooi was in die arenas van daardie tyd; en om die “gru-spel” te verlig was Christene geneem, aan pale rondom daardie arenas vasgebind, bestryk met pik en aan die brand gesteek. Dit was in “so ‘n tyd” waarin daardie mense geleef het, aan wie al hierdie sendbriewe geskrywe was.
Daarom is daar vir ons in hierdie tyd nie net ‘n baie tydige les in te vinde nie, maar is daar ook ‘n waarskuwing in, om onsself gereed te maak!
Daar is dan in hierdie woorde van “versterk (bemoedig) mekaar in ‘n tyd soos hierdie” nie net mooi woordjies om in ons gehoor gestreel te word nie, maar dat ons sal “wakker” word.
Dus as ons in tye soos hierdie versterk wil word, dan moet ons gewaarsku word. Ons moet voorbereide, ingeligte mense wees, sodat die versterking in dít wat kóm, ons kan sien wat die geloof van hierdie mense was wat deur so ‘n tyd gegaan het, wat ek glo, soos ek God se woord verstaan ons ook nou tegemoet gaan en dat dit nader is as wat ons dink.
“Versterk mekaar in ‘n tyd soos hierdie” – hierin lê woorde van voorbereiding en waarskuwings.
1 Thessalonicense 5:3;
Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid - dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
Ons is nou in daardie tyd!
Ons wat deel van God se volk is moet kyk na wat die profete sê van God se volk.
5
2 Petrus 1:19;
En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte;
Ons moet kyk na daardie woorde wat die profete gespreek het in God se woord; dat dit sy klimaks gaan bereik vir hierdie tyd waarin ons nou lewe en dat ons dan sal sien ons het bemoediging nodig. Maar ons het sobere bemoediging nodig. Ja, ons moet nugter en wakker bly. Ons het ‘n bemoediging nodig wat ons uitdagings in die oë sal kyk, maar dan die besef sal kry:
Dit is nog dieselfde God – dieselfde God wat hierdie mense deurgedra het – al het hulle dan ook gesterwe - Paulus het vir hulle gesê; ons glo dat wanneer Jesus kom sal Hy hulle saam met Hom bring en dat die wat in die lewe oorbly Hom tegemoet sal gaan in die lug; om Hom te ontmoet.
Hoe danige lewens moet ons dan hê?
Dit is nie ‘n belofte wat sommer op enige persoon van toepassing is wat homself net ‘n Christen noem nie; wat van toepassing is op elkeen en enige een wat maar net aan ‘n Christelike kerk behoort nie. Dit is een van die groot dwalings waarin ons verval het en as ons nie daaruit wakker geskud word nie is dit die groot ontnugtering wat daar vir ons wag in ‘n tyd soos hierdie.
Ons kan nie hierdie woorde wat aan hierdie mense geskrywe is (wat in daardie tyd in so ‘n groot lyding was) net so uithaal uit die Bybel en dit sommer net so oppervlakkig op onsself toe pas nie.
Ons moet kyk watter lewe hierdie mense gelei het;
Ons moet kyk na hulle geloofsbelydenis;
Ons moet kyk na hulle visie;
Ons moet kyk na wat hulle bereid was om te betaal terwille van hulle geloof.
Terwyl dit nog die wel aangename tyd is – terwyl ons nog die geleentheid het dat ons, ons lewens daarna sal skik om ook op daardie plek te kom, kos wat wil.
Al kos dit ook vriendskappe;
Al kos dit ook stremminge in die familiebande;
Al kos dit ook stremminge in die kerk bande.
Ons lewe in ‘n tyd waarin ons, wat onsself betref – drasties sal moet optree.
Hoséa 4:6; - “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis”.
6
Ons moet kyk wat is die boodskap van die Bybel.
Ons moet kyk wat is die betekenis van die tyd waarin ons lewe.
As die woord dan ‘n lamp vir ons voet en ‘n lig op ons pad is, en dit is só, dan behoort ons met die Bybel boek in die een hand en met die nuus van die dag in die ander hand, die twee bymekaar te kan bring en sê: “Maar dit is presies wat hier geskryf staan of wat daar op daardie gedeelte van God se woorde wat op daardié gebeure van die dag, van toepassing is”.
Hebreërs 10:23-25;
23 Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou;
24 en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor;
25 en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien naderkom.
Hou nou baie goed ingedagte dat al hierdie gedeeltes geskrywe is aan mense, in ‘n tyd wat hulle deur intense verdrukking gegaan het, sodat u kan sien wat aan hulle geskrywe was:
Wat hulle moes maak;
Hoe hulle moes optree;
Wat hulle gesindheid moes wees;
Dat ons onsself kan oriënteer (in ooreenstemming bring) dat ons onsself kan inrig in ons geloof om op dieselfde manier op te tree.

MiniCalendar

September 2018
SMTWTFS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30

Shop

Visitors Counter

24583
TodayToday60
YesterdayYesterday213
This_WeekThis_Week273
This_MonthThis_Month2270
All_DaysAll_Days24583