Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 211

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

God het ‘n wetenskaplike rede gehad waarom Hy Moses die wet gegee het
wat die eet van varkvleis en ander onrein diere verbied. Hy het geweet wat
Hy doen toe Hy die eet van sekere soorte vleis verbied het. God het die
welvaart en beste belange van Israel op sy hart gehad toe Hy aan Moses die
wet op die berg Sinai gegee het. Siekte sou nooit van die liggame van
Israel besit kon neem as hulle sy wette van gesondheid en dieet nagekom
het nie.
Die heel eerste verbond wat God met Israel gesluit het, nadat Hy hulle uit
Egipte verlos het, was ‘n verbond van gesondheid. In hierdie verbond het
God bepaal dat as Israel sy wette sou onderhou, en ook sy bevele en
insettinge, dan sou siektes nie oor hulle kom soos oor die Egiptenare nie
en Hy self sou hulle Geneesheer wees.
Exodus 15:26:
En gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en
doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy
insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat
Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond
maak.
Hierdie verbond word in:
Exodus 23:25 herhaal;
En julle moet die HERE julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou
water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
Ook in Deuteronómium 7:11-15;
11 Hou dan die gebod en die insettinge en die verordeninge wat ek
jou vandag beveel om dit te volbring.
12 En omdat julle na hierdie verordeninge sal luister en dit hou en
volbring, sal die HERE jou God vir jou die verbond en die
goedertierenheid hou wat Hy jou vaders besweer het;
13 en Hy sal jou liefhê en jou seën en jou vermenigvuldig, en Hy sal
die vrug van jou liggaam seën en die vrugte van jou land, jou
koring en jou mos en jou olie, die aanteel van jou beeste en die
aanteel van jou kleinvee, in die land wat Hy aan jou vaders met ‘n
eed beloof het om aan jou te gee.
14 Geseënd sal jy wees bo al die volke; daar sal by jou geen man of
vrou onvrugbaar wees nie, ook nie onder jou vee nie.
15 En die HERE sal elke krankheid van jou wegneem en al die kwaai
siektes van Egipte wat jy ken, nie op jou lê nie; maar Hy sal dit lê
op almal wat jou haat.
4
Op drie verskillende geleenthede het die Heer beloof om Israel in volkome
gesondheid te hou. Maar Israel moes sy gebooie bewaar en sy insettinge
en verordeninge onderhou. Met ander woorde een van die oogmerke van
die instelling van die wet was dat Israel gesond en sterk kon wees. Dit was
die doelstelling van God se wette aangaande sanitasie en dieët. Wanneer
Amerika (en ook Suid-Afrika) terugkeer na die onderhouding van God se
wette aangaande gesondheid, sanitasie en dieët, en ook die ander
gebooie, insettinge en verordeninge, dan sal siekte uit ons midde verdwyn,
net soos die geval met Israel was toe sy Egipte verlaat het.
Psalm 105:37 sê:
Toe het Hy hulle laat uitgaan met silwer en goud, en onder sy
stamme was daar niemand wat struikel nie.
Amper drie miljoen Israeliete het uit Egipte gekom, ‘n bevolking amper
gelykstaande aan die blankes van Suid-Afrika, en daar was nie een sieke, of
kranke of swak persoon onder hulle nie. Hulle het geen dokters, hospitale,
sanatoriums, apteke, aspirines, Salf, entstof, penisillien of Hadacol gehad
nie.
Israel het God se gebooie onderhou en opgehou om in hulle liggame in te
neem daardie goed wat siektes veroorsaak en God getrou aan sy beloftes,
het hulle genees. (Sien Ex. 15:26).
‘n Paar jaar gelede het die Departement van Openbare Gesondheid van
die Staat Illinois ‘n pamflet met die opskrif: “TRICHINOSIS” gepubliseer. Dit
was omsendbrief nommer 64. Hierdie pamflet het verklaar dat sestien
persent van die bevolking van die Verenigde State, d.w.s. 22miljoen
persone, aan die siekte “TRICHINOSIS” wat deur die eet van varkvleis
veroorsaak word, gely het.
God het alles omtrent die ‘trichinella wurmpies’ wat die liggaam van die
vark en ander onrein diere besmet, geweet. Daarom het Hy om te verhoed
dat hierdie siekte die menslike liggaam moet aantas, verbied dat die vleis
van die vark en ander onrein diere, deel van die dieët van die mens moes
uitmaak. Dit was net ‘n eenvoudige manier om siekte te voorkom.
Wetenskaplikes begin nou om die waarde van God se voedsel wette te
verstaan.

MiniCalendar

July 2018
SMTWTFS
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031

Shop

Visitors Counter

18930
TodayToday2
YesterdayYesterday61
This_WeekThis_Week372
This_MonthThis_Month1559
All_DaysAll_Days18930