Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 198

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

 Ek wil saam met u ‘n baie welbekende gedeelte lees wat ek in baie ander gevalle ook al gelees het wat in heelwat van die pamflette voorkom naamlik Openbaring 19 vanaf verse 11 tot 21.
Openbaring 19:11-21;
11 TOE het ek die hemel geopen gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.
(Ek wil hê u moet daarop let, - “Hy voer oorlog in geregtigheid”)
12 En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.
13 En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.
14 En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.
15 En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; En Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.
16 En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.
17 En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ‘n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God,
18 dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.
19 En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit en teen sy leër.
20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swael brand.
21 En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees.
4
Nou daar is genoeg in hierdie gedeelte wat onteenseglik vir ons tot die gevolgtrekking bring, dat dit nie iets denkbeeldig is nie, dat dit nie iets simbolies is nie. Dit praat van nasies en dit praat van hulle leërs en van die voëls van die hemel wat genooi word om te kom feesvier en hulle sat te eet aan die vlees van mense en van perde en van konings en so aan. En waar dit hier sê in die eerste vers wat ons gelees het naamlik vers 11 – “Toe het ek die hemel geopen gesien, en daar was ‘n wit perd en Hy wat daarop sit word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid”.
“Hy voer oorlog in geregtigheid”
Die eerste punt wat ons baie goed moet verstaan, wanneer ons hierdie onderwerp behandel naamlik die “dag van die HERE”; en dit is dat, met die Wederkoms van Christus, gaan Christus kom op ‘n tyd wanneer die nasies (dit is die heiden) in ‘n toestand van verset en van opstand is.
Dit is wat ons, rondom ons alreeds kan sien. En ons kan sien hoe vinnig dit in daardie rigting ontwikkel. En dat die hemel baie beslis gaan toetree tot hierdie stryd. Met ander woorde dit gaan ‘n bonatuurlike ingryping wees en dit is ‘n baie groot en geweldige aspek van die “dag van die HERE”.
Daar in die 15de vers sê dit:- “En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan, en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige”.
Nou in ons volgende studie waarin ek met u gaan behandel die nasleep as te ware van die “dag van die HERE”, wat daaruit voortvloei, kan ek maar vir u daarop wys, dat die HERE uit die Hemel gaan ingryp, en dat Hy die nasies gaan onderwerp met geweld en krag, met outoriteit en met majesteit en dat Hy hulle met ‘n ysterstaf sal regeer.
Wat die wêreld nodig het, en al wat die wêreld kan red is ‘n waaragtige outoritêre Regering, wat magtig is om daardie regering uit te oefen, wat regverdig genoeg is om reg en geregtigheid te laat geskied en wat die wysheid het om al God se wette toe te pas. Daar bestaan nie so ‘n persoon op aarde nie, daar bestaan nie so ‘n organisasie op aarde alleen wat dit kan toepas nie. Daarom kom die Here Jesus, as die Koning van die konings en die Here van die here. Maar, Hy het vir Homself al lankal ‘n volk uitgesoek op aarde, deur wie Hy dit gaan toepas. En dit is waarteen die nasies in verset is.

Indien u hierdie boek wil bestel - kontak Monique : ekklesiakassetfonds.neser@gmail.com

MiniCalendar

November 2018
SMTWTFS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Shop

Visitors Counter

29451
TodayToday63
YesterdayYesterday88
This_WeekThis_Week442
This_MonthThis_Month1473
All_DaysAll_Days29451