Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 59

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

Jaar 2000: (J2K)
Die jaar, die dekade, die eeu en die millennium het gewissel en niks dramaties, sover ek weet, het gebeur nie. Ai, die verskriklike rampe en ontwrigtings wat voorspel was, het nie plaasgevind nie. Maar een ding is seker, en dit is dat ons ‘n eeu betree het wat baie meer dramaties gaan verloop as die een wat so pas verby is. Ek noem die nuwe millennium die Jesus Millennium omdat ek glo dat Hy na die aarde vroeg in hierdie tyd gaan terugkeer om die heerskappy op sy skouers te kom neem.
Die mensdom het ses duisend jaar gehad om hierdie wêreld wat God goed en mooi geskape het te bewerk en te bewaak, dit is; te administreer. Dit was vir hom nog veel makliker met die eerste koms van Jesus gemaak, waaruit ons ook ons kalender en jaartelling gekry het. Maar selfs sy eie volk wou Hom nie hê nie, en het gesê” “Weg met Hom, laat Hy gekruisig word!
Die gevolg is dat in die afgelope 2,000 jaar miljoene mense op allerhande wrede wyses gesterf het, en dat die wêreld vandag op die randjie van algehele uitwissing staan. Dit was die onderliggende rede vir die vrese vir wat die J2K gogga met die wisseling van die eeu kon doen.
Ons is nou aan die begin van hierdie aller belangrikste tydperk van die geskiedenis in die ongelukkige posisie dat ons feitlik ons kompas, die Bybel, amper totaal verloor het, of nie geleer het om hom te lees nie. Jesus het self gesê dat net voor sy wederkoms dit ‘n tyd sal wees soos in die dae van Noag. Dit was ‘n tyd van geweld, van rassevermenging en van lae moraliteit. Hierdie drie toestande som hierdie huidige tyd haarfyn op.
Die geweld het so toegeneem dat hier in ons eie land niemand meer weet of hy vanaand lewend by sy huis gaan kom nie. Dit is nie veel beter op enige ander plek in die wêreld nie. Rassevermenging word met geweld op ons afgedruk. Dit word al meer en meer deur wetgewing vasgelê dat die witman nie meer vir sy eie ras mag opstaan nie. Die immoraliteit het so toegeneem dat dit al as heeltemal normaal beskou word. Diegene wat nog vir ‘n skoon lewe uitstaan word as argaïes beskou.
Volgens die Patroon:
Maar ek het goeie nuus vir u. Die toekoms is nie sonder plan nie, nog minder stuur dit op ‘n ramp af. God het hierdie wêreld vir die mens gemaak en dat hy nog hier onder ideale toestande, sonder vrees, siekte en dood gaan lewe. Ons hoef nie in hierdie eeu na die maan of mars of
4
watter ander planeet ook al te gaan om beter weivelde te gaan soek nie; al sal ons ook die vermoë met nog beter tegnologie, wat sekerlik gaan kom, ontwikkel!
Hoe onaanvaarbaar en aanvegbaar dit ook al vir die moderne liberale en vrydenkende gees mag wees, die patroon wat deur die God en Skepper van die Bybel, neergelê is dat Hy aan sy uitverkore volk Israel, sy wette gegee het waarmee hulle hierdie aarde moet administreer. Die hele aarde, sy plante en diere en grondstowwe, sy atmosfeer, sy menselewe, is gebaseer op die wonderlikste wette wat daar ooit kan wees. In die uitsonderlike gevalle waar hulle toegepas is het die mens groot hoogtes bereik; daarmee het hy die hemelruim begin ontdek en sy voetspore op die maan geplant. Daarmee het hy in die mikro heelal, die atoom, groot kragte ontdek wat vir hom sy kragstasies kan dryf.
Maar soos enige krag wat nie reg beheer word nie, sal ook hierdie kragte ons vernietig. En nou het ons op die stadium gekom, waar ons dit indirek en ook nog verder, instinktief besef. Vandaar ons senuweeagtigheid soos ons nou so pas met die J2K gogga gesien het. Geen mens het die kennis of die verstand om die kragte wat dreig om losgelaat te word, te beheer nie; Vir die wat oë het om te sien en ‘n hart om te verstaan, kan ons dit hoor en sien in die gedreun van miljoene voete aan die opmars en van mensestemme wat skreeu om brood en selfvervulling.
Gee julle vir hulle brood:
Jesus, die Seun van God, die Wonder Mens, die Koning van die konings en die Here van die here, het op een gedenkwaardige dag vir sy paar dissipels, eenvoudige vissermanne, gesê om vir ‘n hongerige skare wat op ‘n verlate plek was, kos te gee: “gee julle vir hulle brood”. Hy het vyf broodjies en twee vissies so vermeerder dat almal nie net genoeg kon eet nie, maar dat daar nog mandjies vol oorgebly het. Hulle het nie sonder rede gedink dat die Koninkryk van God aangebreek het nie. Ek glo daar is diep in die gees van God se volk ‘n verwagting volgens die Skrif ingebou, wat met reg verwag dat die redding van die wêreld presies op hierdie manier deur hierdie “Man” gaan kom.
Op ‘n ander geleentheid bevind Jesus en sy dissipels hulself in die middel van die see en hulle bootjie dreig om te vergaan. Hy staan toe op en beveel die storm om te bedaar. Onmiddellik word die see so glad soos ‘n spieël en die wind gaan lê. Die dissipels sê vir mekaar in:
Markus 4:41;
Wie is Hy tog, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is?
Ons moet hierdie dinge in hierdie belangrike tyd van die wêreldgeskiedenis in sy profetiese en mistieke betekenis sien. Dit is vir die wat God uitverkies het beskore. Die vermeerdering van die brode en die stilmaak van die storm het ‘n diep en belangrike profetiese betekenis. Die wêreld bevolking het op 12 Oktober verlede jaar die ses miljardste
5
kerf bereik. Hierdie mense soek kos en lewensruimte. Terselfdertyd begin die Oosterse Nasies op die Weste inhaal op tegnologiese gebied.
Die belangrikste van alles is dat die Weste besig is om sy siel te verloor. Omdat die Bybel nie meer die rigsnoer van ons denke vorm nie, begin die lering daarvan ook nie meer so sterk by ons tel nie. Dit beteken nie meer vir ons eintlik iets as Jesus gesê het:
Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel? - (Matt. 16:26).
En ook,
“- - - - - Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan – (Matt. 4:4).
Dit is ewige beginsels, sterker nog as die wet van swaartekrag.
Die Weste, die setel van die Christendom, het so welvarend geword, dat sy mense materialisties geword het. Hulle, soos hulle dink, het God nie nodig nie. Hulle het ook tegelykertyd baie slim geword, en trots en verwaand. Hulle het heeltemal vergeet wat hulle groot gemaak het. ‘n Baie bekende persoon het eenkeer in die VSA na die geheim gaan soek wat daardie land so groot gemaak het. Na deeglike ondersoek het hy bevind: “America will cease to be great when she ceases to be good”.
Dieselfde kan van Wes-Europa gesê word in die vorige eeu. Dit was waar die Hervorming posgevat het. Die industriële rewolusie het kort daarna gevolg en weer op sy hakke die koloniale uitbreiding van die Britse Ryk en die ander Wes-Europese lande. Afrika was ‘n sprekende bewys daarvan. Dit was ‘n feit dat die son nooit ondergegaan het oor die Britse Ryk nie. Die leuse van die Hervorming was: “Sole Scriptura, sole gratia” - Die Skrif alleen, genade alleen.
Maar gelyktydig daarmee het die modernisme en die ondermyning van die Bybel gekom. Die welvaart en roem het ook bose magte instaat gestel om met hulle geld ons kerke en opvoedkundige instansies binne te dring en juis die geleerdes in beide die teologie en die wetenskap se denke te buig. Soos in die tuin van Eden, het Satan deur hierdie invloede, dit weer reggekry om diegene wat die leiding moes gee, te laat wonder of God regtig gesê het.
Die gevolg is dat geld die god van hierdie wêreld geword het en die rede sy Eerste Minister. Dit het soveel so geword dat ons die afgelope twee eeue waarin die mensdom sy grootste vooruitgang gemaak het, die era van materialisme en kennis kan noem. En nou vra die massas brood en huisvesting. Die materialis en die geleerde kan hom dit nie gee nie.
Lees gerus Matthéüs 6 en veral vers 33.
En omdat hulle dit nie kan kry nie, dreig hulle om mekaar op te eet.
Waarop stuur dit af?
6
Die ou Bybel Boek wat so verwaarloos en geminag word gee ons die enigste antwoord. Dit wys vir ons dat hierdie bedeling in die grootste konflik van alle tye gaan eindig. Dit gaan soveel so wees, dat as die dae wat kom nie verkort gaan word nie, sal geen vlees gered word nie.
Kom ek stel dit in nog duideliker taal: Geen lewende wese, mens of dier, sal bly lewe nie! Wie kon vir die menigtes brood in die woestyn gee, wie kon die storm stilmaak? Net Jesus, en Jesus alleen. Dit staan so in die Boek. Hy gaan die dae verkort terwille van sy ou Verbondsvolk Israel, waarvan die Westerse Nasies die kern vorm.
Die Bybel sê “ ‘n nasie sal gebore word in ‘n dag”. Hulle sal almal vervul word met die Heilige Gees. God sal sy wette in hulle binneste gee en dit op hulle harte skryf. Hy self sal hulle Koning wees en hierdie aarde volgens sy voorskrifte administreer en dit in harmonie met Homself en die ganse heelal bring. Dit glo ek gaan binnekort gebeur.
U het geleentheid om sommer reg aan die begin van hierdie eeu seker te maak dat u “inkom” voor die deur gesluit word.
Kom, maak dit die mees opwindendste tyd van u lewe!
Jaar 2000, nr. 2
Rampe:
Daar het in die jongste tyd ‘n paar ernstige rampe groot gedeeltes van ons land en ander gebiede in Suider-Afrika getref. Eers was dit droogte, toe was dit van die ernstigste veldbrande wat ons nog gehad het, en nou is dit die verskriklike vloede. Die oorstromings in Mosambiek het selfs ander lande ook ingetrek om hulp te kom verleen. Peste en siektes soos kolera en ander ingewandsiektes het alreeds begin, maar die ergste kom nog.
Die nuusmedia, klimatoloë en weerkundiges begin skryf oor soortgelyke rampe wat in ander dele van die wêreld voorkom. Hulle gevolgtrekking is dat daar iets buitengewoons besig is om in die natuur te gebeur. Dit is dieselfde ook met aardbewings en die uitbarsting van vulkane. Dit is asof daar ‘n verstoring in die natuur en in die kors van die aarde besig is om plaas te vind. Omdat die mens feitlik nie meer die Godheid erken nie, soek hy allerhande verklarings daarvoor. In die meeste lande van die wêreld word die God van die Bybel nie meer erken nie. In die Westerse Lande waar die lewende God nog in die grondwet erken word, gee die owerhede aan Hom maar net lippediens. In ons eie land waar ons grondwet die oppergesag van God erken het, is Hy onder die nuwe bedeling heeltemal uitgelaat en is ons amptelik ‘n sekulêre staat.

MiniCalendar

January 2018
SMTWTFS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031

Shop

Visitors Counter

7014
TodayToday43
YesterdayYesterday59
This_WeekThis_Week142
This_MonthThis_Month888
All_DaysAll_Days7014