Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 244

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

Voorwoord
RAGAB, RUT, SIMON KANANITES, SIMON VAN CIRENE, DIE KAMERLING van ETHIOPIË en CORNELIUS was nie HEIDENE nie, maar ISRAELIETE!
Dit is eienaardig hoe moeilik dit is om van sommige ou tradisies en gewoontes ontslae te raak. Die meeste mense is ook gewoond daaraan om die Bybel oppervlakkig te lees en dit nie in diepte te ondersoek nie.
Bogenoemde name is tipiese voorbeelde van persone wat verkeerdelik heidene genoem is. Maar 'n ander rede is ook dat dit by 'n ou manier van Bybel uitleg pas om hierdie mense as heidene te beskou.
Die ou foutiewe verklaring dat die Heiden nou die plek van Israel in die Raadsplan van God in te neem, pas baie goed in by die lering dat hierdie geëerde persone onder die Volk van God heidene gemaak word. Hierdie artikel is geskryf om dit te verduidelik.
Deur Pastoor F.W.C. NESER.
5
Simon Kananítes
Daar is 'n groot groep onder diegene wat die Israel Waarheid onderskryf wat sê dat een van ons Here Jesus se dissipels, naamlik Simon Kananítes (die King James vertaling sê: "Simon the Canaanite") swart was omdat hy Kananítes (Canaanite) genoem word.
Lees Matthéüs 10:4; Markus 3:18;
4 Simon Kananítes en Judas Iskáriot, die een wat Hom verraai het.
18 en Andréas en Filippus, en Bartholoméüs en Matthéüs, en Thomas en Jakobus, die seun van Alféüs, en Thaddéüs en Simon Kananítes,
Hulle maak egter 'n baie groot fout volgens die volgende gesaghebbendes:
(1) "Die Bybel met Verklarende Aantekeninge Deel 3", Verenigde Protestantse Uitgewers (Edms) Bpk., Kaapstad 1959 sê:
"Kananítes is die Ver-Griekse vorm van die Aramese woord "kan~an" en beteken dieselfde as die Griekse woord "zelotes" - naamlik yweraar"
Lukas 6:15;
15 Matthéüs en Thomas; Jakobus, die seun van Alféüs en Simon wat Yweraar genoem word;
(2) Die "Nuwe Afrikaanse Vertaling" vertaal dit in:
Matthéüs10:4; - - - -
"Simon die fanatikus, en Judas Iskáriot wat vir Jesus verraai het".
- - - - - as "Simon die fanatikus".
(3) Hiermee stem "Dictionary of the Bible" deur Dr W.M. Smith en "Zondervan Pictorial Bible Dictionary" deur Merrill C. Tenney saam.
Hy was 'n Galileër, en dus 'n Israeliet.
Amen!

MiniCalendar

September 2018
SMTWTFS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30

Shop

Visitors Counter

24583
TodayToday60
YesterdayYesterday213
This_WeekThis_Week273
This_MonthThis_Month2270
All_DaysAll_Days24583