Category: Afrikaanse Boeke
Editor: EKT

Hits: 49

Lent status: Available

Availability: 1/1

  / 0
PoorBest 

Review

Ons lees uit die laaste boek van die Ou Testament:
Maleagi 4:1-6 (1933 vertaling).
1 WANT kyk, die dag kom, en dit brand soos ‘n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ‘n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.
2 Maar vir julle wat my Naam vrees sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
3 En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die HERE van die leërskare.
4 Dink aan die wet van Moses, my kneg wat Ek hom beveel het op Horeb vir die hele Israel — insettinge en verordeninge.
5 Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek.
6 En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom om die land met die banvloek tref nie.
Mag die HERE sy Woord aan ons harte seën.
Ons herhaal weer vir u daardie bekende vers naamlik Maleagi 4:2.
2 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
Wanneer die dag breek en wanneer die son opkom, dan weet ons ‘n nuwe dag het begin. Ons weet die nag is verby, die skadu’s moes vlug, want die koning van die dag het op die toneel verskyn. En hy loop soos ‘n held (dit sê in die Psalms) om sy baan te voltooi.
Maar ons dank die HERE dat daar ‘n Groter Son as dit is, wat in hierdie tyd staan om te verrys. En dit is die Son van Geregtigheid met Heling in Sy vleuels! Daardie Son van Geregtigheid is niemand anders as Hy wat daardie son wat ons sien, self geskape het nie! Hy is die Almagtige, prys die wonderlike Naam van die HERE!
Daarom is dit vir my so wonderlik om na God se Woord te kyk, dat God se Woord vir ons niks terughou wat vir ons nuttig is nie. En dat die HERE se Woord met groot nadruk en met groot presiesheid vir ons baie duidelik wys dat daar lê tye van verskriklike oordeel vir die aarde voor. Ek weet daar is baie mense wat moeg word om dit te hoor, maar geliefdes as daar ooit ‘n
4
tyd was waarin ons hierdie Waarskuwing moet laat uitgaan dan is dit vandag! En ons sien die tekens voor ons oë met ruwe geweld verby masseer!
Daarom ook in hierdie gedeelte, dit is maar net ses verse en in hierdie ses verse is daar twee van hulle wat ook baie duidelik vir ons wys wat ‘n verskriklike dag dit sal wees, eintlik as ons dit so mag noem, wat ‘n verskriklike nag dit sal wees!
Die Bybel noem dit maar ‘n dag, want dit is ‘n gebeurtenis, dit is ‘n Groot oomblik in die geskiedenis van die wêreld. Maar eintlik sover dit ons ondervinding betref gaan dit middernag wees!
Ek lees weer vir u daardie eerste vers, Maleagi 4:1:
1 WANT kyk die dag kom, en dit brand soos 'n oond. - - -
(dit brand soos ‘n oond)
- - - - Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid doen, ‘n stoppel wees en die dag wat kom sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.
God se Woord is vol van die verskriklike oordeel wat God op die punt staan om oor hierdie hele wêreldstelsel te bring, en die kern en die hart van daardie oordeel is ‘n oordeel van vuur!
Dit is ‘n oordeel van verwoesting soos die mens nog nooit in sy lewe gesien het of ooit weer sal sien nie.
In 2 Petrus 3 sê hy:
“die hemele sal verbygaan met ‘n gedruis en die elemente sal brand met onuitbluslike vuur”;
hy sê: “die fondamente van die aarde sal bloot gelê word”,
Maar dank God dan sê hy:
“maar ons verwag volgens Sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon”.
2 Petrus 3:10,13.
10 Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.
13 Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.
Maleagi 4:3.
5
3 En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op daardie dag wat Ek skep, sê die HERE van die leërskare.
God kom om hierdie wêreld skoon te maak! God kom om hierdie ou Babiloniese stelsel wat die mens in slawerny het, om hom af te breek, om hom te verpletter om hom tot op sy fondamente skoon te vee; sodat die heerlike Koninkryk van God op hierdie aarde gevestig gaan word.
Geliefdes, dit is Skrif, die Bybel is vol daarvan beide in die Ou Testament en in die Nuwe Testament. Ons as gelowiges moet dan glo dat dit een of ander tyd sal gebeur!
Is dit nie waar nie?
As ons dan die tekens rondom ons sien, wat vir ons beskrywe word dan wys dit mos vir ons die tyd het aangebreek! U en ek is daardie geslag waarin dit gaan gebeur.
Maar geliefdes, ek wil met u in groter besonderheid praat, oor die Nuwe dag “nadat” die nag verby is! Nadat die oordele gekom het!
Die heerlike dag van môre, die heerlike en wonderlike dag wanneer die Son van Geregtigheid sal verskyn het met heling in sy vleuels!
Ons kan sê geliefdes, ons lewe in ‘n lang periode van nag, dit is hartseer, dis verdrukking, dis benoudheid, dis goddeloosheid op die aarde. Die tyd het aangebreek, die nag het ver gevorder, dit is al amper dag! Maar dank God geliefdes, wanneer daardie dag kom, loof die HERE, en die Son van Geregtigheid sal verrys met heling in sy vleuels, sal ons sien: Nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.
Ná die benoudheid gaan die rus en die vrede van God op hierdie aarde neerdaal! Selfs daaromtrent het die HERE nie vir ons in die duister gelaat nie, en daarom wil ek vir u ‘n paar welbekende verse lees; dat u sal hoor wat die HERE in sy Woord sê.
Geliefdes, in Openbaring 21, die opskrif van daardie eerste 8 verse, in ons Afrikaanse Bybels lui: Die Nuwe Hemel en die Nuwe aarde.
Openbaring 21:1
1 EN ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.
Die van u wat hierdie boek van my, die “Boek van Openbaring” gelees het, miskien het party van u dit dalk ‘n rukkie gelede gelees. Dit sal vir u ‘n baie groot seën wees as u hom weer ‘n keer lees.
6
Ek wil hieruit vir u lees, wat die regte vertaling van daardie eerste vers is, en dit lui soos volg: - - - - - - -
(Want hierdie vertaling nou gelees, gee nie vir ons die regte betekenis van wat werklik gaan gebeur nie.)
Wanneer u daardie boekie van my lees: “Die Nuwe Hemele en die Nuwe Aarde”, dan sal u ook daarin sien hoedat die HERE vir ons in sy Woord baie duidelik wys hoe die “eerste aarde” bestaan het, dit is die aarde voor die sondvloed, voor daardie eerste oordeel.
Geliefdes, toe was die aarde omhul met ‘n watergordel, en die son het nie direk op die aarde neergeskyn nie, hy het deur hierdie watergordel geskyn, sodat of jy by die pole of die ewenaar is, dit was absoluut dieselfde klimaat. Daarom vind jy vandag in pool gebiede; u kan dit in enige goeie ensiklopedie lees; dat daar tropiese diere uit daardie ys uitgegrawe is en in party van hulle se spysverteringskanale was daar nog tropiese plantegroei gevind wat hulle besig was om te vreet toe ‘n skielike ramp hulle getref het. Party van hulle se vleis was in so 'n volmaakte toestand van bewaring dat mense daarvan uitgesny het en dit op kole gebraai het en dit geëet het. Dit is welbekende feite by mense.
Waar het dit vandaan gekom?
Dis vir ons ‘n bevestiging van dat die aarde met so ‘n gordel omhul was en dat dit ‘n heerlike lieflike tropiese klimaat was, rondom die aarde en dat ‘n geweldige ramp die aarde getref het. Een van die rampe was dat daardie water wat uit die lug gekom het, op hierdie aarde geval het en dit het die vloed van Noag veroorsaak.
Terselfdertyd het daardie geweldige gewig van water die aarde se as geswaai sodat die aarde waar hy vantevore reghoekig teenoor die son was en die son dan deur hierdie watergordel geskyn en ‘n gelykmatige klimaat veroorsaak het. Toe daardie watergordel verdwyn het, en daardie gewig van water die aarde se as laat swaai het, het die aarde met daardie skuins as (wat rondom die son beweeg) ons seisoene veroorsaak.
Waar dit ook Noag betref, het daar ‘n nuwe hemel vir hom verskyn, ‘n hemel na die vloed wat nie voor die vloed bestaan het nie, want dit was ‘n wolkelose hemel. Dit was ‘n nuwe aarde sover dit Noag betref, want nou was daar 70% van die aarde onder water. (Kyk maar net na ‘n wêreldkaart). Die grootste gedeelte van die aarde is see. Daardie 70% water was voor die sondvloed in die lug. Daardie water het daardie gedeeltes bedek, sodat die gedeeltes wat ons vandag as see beskou; en daar is gedeeltes in die see wat dieper is as wat die hoogste bergpieke in die Himalajas is. Sulke dieptes is daar in die see, sodat ±70% van die aarde het ‘n mens se voet nog nooit op getrap nie, want daar is water.

MiniCalendar

November 2017
SMTWTFS
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930

Visitors Counter

4112
TodayToday5
YesterdayYesterday32
This_WeekThis_Week211
This_MonthThis_Month735
All_DaysAll_Days4112